Wes-Kaapse windplaas kry groen lig

Argieffoto

ʼn Voorgestelde windplaas het die groen lig van Wes-Kaapse omgewingsowerhede gekry.

Die provinsie se departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het bevind dat die plaas naby Wolseley nie teenstrydig is met omgewingswetgewing nie, het die Cape Times Donderdag berig.

Mich Nieuwoudt, SAGIT Energy Ventures se direkteur, het aan die koerant gesê die volgende stap is nou om sy tender deur die nasionale departement van energie in die volgende ronde van hernubare energie-tenders in Augustus, goedgekeur te kry.

Die 90MW windplaas met 30 tribunes word beplan vir die Breederivier Vallei tussen Wolseley en Worcester. Die plaas sal nagenoeg 70% van die Witzenberg-munisipaliteit se elektrisiteittoevoer voorsien.

Die provinsie ontvang tans die meeste van sy elektrisiteit van Mpumalanga, sowat 1600km daarvandaan, en ‘n beduidende hoeveelheid daarvan raak verlore as dit oorgedra word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.