Kabeldiefstal is glo die oorsaak dat sekere gebiede in die Wes-Rand sedert Saterdag sonder elektrisiteitstoevoer is.
Die Citizen het Dinsdag berig dit kan vier of vyf dae neem om die skade te herstel.
Gebiede wat tans deur die probleem geraak word, sluit Industria-Noord, Delarey, White Ridge, Florida Glen, Bergbron, Quellerina en Northcliff in.
Volgens Louis Pieterse, die woordvoerder van City Power, is 33,000 volt kabels by die Flordia Glen-substasie gesteel. “Die diefstal het veroorsaak dat olie uit die oorblywende kabels gevloei het. Dit veroorsaak dat ʼn skakelaar die heeltyd by die substasie afgaan,” het Pieterse gesê. Volgens Pieterse moet al die olie terug in die kabels gepomp word, en onder die regte druk geplaas word, voor die substasie weer aangeskakel kan word.
– Sapa