Wet het binnekort sê oor jou huistaal

Hierdie artikel was sommer deel van ons Aprilgek-pret en moet dus tong in die kies gelees word. Klik hier om meer te lees.

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) het op 1 April aangekondig dat nuwe wetgewing oor huistaalgebruik ingestel gaan word om veeltaligheid as ‘n nasionale bate te bevorder.

“Die mandaat van PanSAT is onder andere om aanbevelings te maak rakende enige voorgestelde wetgewing wat direk op taalsake op enige vlak van regering betrekking het,” het Mxolisi Myambo, hoof van PanSAT, gesê.

“Leerlinge gaan voortaan verplig word om, buiten Afrikaans en Engels, minstens twee ander Afrika-tale aan te leer,” het Myambo bygevoeg. “Die doel is eerstens om veeltaligheid as nasionale bate te bevorder, maar ook om seker te maak dat voorheen gemarginaliseerde tale aktief bevorder word.”

Kinders in huisgesinne gaan dan hul ouers dié tale moet leer praat. Volgens die voorgestelde wetgewing gaan huisgesinne gedwing word om op sekere tye van die dag ‘n spesifieke taal te praat. “Die kinders moet die ouers leer,” het Myambo gesê.

Volgens Myambo gaan die regering van dieselfde tegnologie gebruik maak wat bepaal hoeveel mense in ‘n huishouding van die televisie gebruik maak en of die televisielisensie betaal is. “Die tegnologie is in Duitsland ontwerp en kan uit die timbre van jou stem optel watter taal jy praat,” het Myambo bygevoeg. Indien huisgesinne hulle nie aan dié wetgewing onderwerp nie, of nie tydens die bepaalde tydgleuwe die spesifieke taal praat nie, sal hulle outomaties beboet word.

Die bepaalde tegnologie sal ook in e-tolskyfies ingebou word om taalgebruik in motors te monitor. “Aangesien daar nog nie baie van dié skyfies verkoop is nie, sal dit maklik wees om die bestaande skyfies terug te roep en kragtens die wetgewing aan te pas,” het hy gesê. E-tolskyfies sal voortaan landwyd verpligtend wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Pleks hulle eerder die geld gebruik om die honger mense te voer as om met sulke belaglike idees op te kom! Wat dan van die oumense wat nie meer kinders in die huise het nie. En nie almal het die gawe om ‘n ander taal aan te leer nie. Ek kan nie sien dat dit gaan werk nie en ek dink dis sommer belaglik!

Danie ·

En mense sal enige iets glo of doen, solank dit so gese word. LOLOLOLOLOLOLOLOLOLOLOLOL
Goeie een.

Wena catherina Coetzee ·

Hoe KAN kinders hul ouers n taal aanleer, ha ha, Baie huise is geen kind of kraai baie is getroud en uit………Gee maar gratis onderrig in die betrokke tale, Sal die beste wees……..lol……. OF is dit weer nog n april fool joke ???

Kitty ·

Op enige gegewe dag van die jaar, sal hierdie 1 April nuusbrokkie lagwekkend wees! 10 uit 10 vir die opsteller hiervan!

Karin Bothma ·

so amper het ek nou hierdie patetiese regering van bo tot onder gevloek. ai, ek kan tog so gullible wees lol!

leynette ·

Wat nog. Wil hulle nou alles van ons af weg vat? Wel, skryf solank die boete. Ek is trots AFRIKAANS en dit is my Moedertaal en huistaal

Marlene ·

Hulle kan dit gerus instel ek sal al die vloekwoorde van die sogenaamde afrikatale aanleer en hulle in hul eie taal vloek. Nou lekker gelag.

Willie ·

Hallo as dit nie n April Fool grag is nie wil ek net vir daai ou se ” in my huis poep ek soos ek wil en praat die taal wat ek wil ” geen ou gaan vir my IN my huis se wat se taal ek moet praat nie , jammer vir jou en jou wette.

Poppie ·

Ag wat n bleddie grap !!!!!!!!. Geen persoon sal my vorseer om n ander taal te praat nie. Hul e kan hel toe vlieg en nooit terug kom nie.Wie gaan my na nader taal leer Groot grap van die jaar. Ons skole het nie eers ordentlike onderwysers nie wat nog n ander taal leer !!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kinderskry nie eers orentlike handboeke soos die 60 s, 70 s 80 s nie.. N moerse grap !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Marlene45 ·

Almal wat lae bloeddruk het se bloeddruk is nou weer normaal. Vir ‘n enkele sekonde het ek my bloedig vererg, maar nou is ek weer kalm en my bloeddruk is ook kalm!!! !Dit was ‘n goeie gekkedag grap!

Chris ·

Ons doen nog meer as dit – ons laat alreeds hurk-latrines in ons huis installeer!

JC KURVER ·

DIT IS HEELTEMAL BELAGLIK. NOU WIL HULLE AL GLAD DIE PRIVAATHEID VAN ‘N MENS SE HUIS BINNEDRING. DIT IS VERMETEL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.