Wikileaks-baas kry asiel

Julian Assange. Foto: AP

Ecuador het bekend gemaak dat dié land politieke asiel aan die voortvlugtige Australiër, Julian Assange, toegestaan het. Assange, die grootbaas van Wikileaks wat verskeie wêreldleiers eier in die gesig besorg het, hou hom al twee maande lank skuil in die Ecuadoriaanse ambassade in Londen, om  te keer dat hy aan Swede uitgelewer word.

Ricardo Pinto, Ecuador se minister van buitelandse sake, het gesê die moontlikheid bestaan dat Swede Assange aan Amerika kan uitlewer, en dat hy daar die doodstraf opgelê kan word. Hy dink ook nie Assange kan in Swede of Amerika ʼn regverdige verhoor verwag nie. Assange moet in Swede op ʼn aanklag van verkragting tereg staan.

Brittanje het aangedui dat Assange nie vrygeleide uit die Ambassade sal kry nie, en gearresteer sal word as hy sy voete buite die ambassade sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.