Wildbewaarder deur renoster aangeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Wildbewaarder is ernstig beseer nadat hy deur ʼn swartrenoster aangeval is in die Mkhuze-wildreservaat in KwaZulu-Natal.

Robert McKenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, sê die wildbewaarder kon nie per helikopter bereik word nie weens gure weer. Sy kollegas het hom na die reservaat se hek gevat waar ʼn ambulans hom opgelaai het en hy deur paramedici behandel is. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. “Besonderhede rakende die aanval word steeds vasgestel,” sê McKenzie.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Die arme diere is net so verward soos ons. Hulle weet nie meer wie is vriend en wie is vyand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.