Wildbewaarder gewond in skietgeveg in wildtuin

ʼn Wildbewaarder is geskiet en gewond tydens ʼn operasie om vermeende stropers in die Krugerwildtuin voor te keer.

Raymond Thakuli, woordvoerder van SANParke, sê Andrew Desmet is Vrydagaand gedurende die gesamentlike operasie tussen SANParke en die weermag in die maag geskiet. “Hy is per helikopter na ʼn mediese fasiliteit in Nelspruit geneem waar hy laat gisteraand ʼn operasie ondergaan het. Sy toestand is stabiel.” Thakuli sê in nog ʼn voorval Vrydagaand het daar ook ʼn skietgeveg tussen nog ʼn groep wildbewaarders en vermeende stropers uitgebreek sowat 2km van waar Desmet hulle was. Hy sê die vermeende stropers kon daarin slaag om te ontsnap en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Thakuli sê ʼn jaggeweer en toerusting wat vir stropery gebruik word, is op die toneel gevind. David Mabunda, hoof van SANParke, het intussen ʼn boodskap van bemoediging aan Desmet gestuur. “ Andrew is ʼn langdienende lid van ons personeel. Ons sê nog altyd dit is ʼn oorlog daar buite en ons wil weereens dankie sê vir Andrew en al ons ander wildbewaarders wat in die voorste linies van die stryd is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.