Wildbewaarders skiet 2 vermeende wildstropers dood in Krugerpark

Foto: www.rhinoconservation.org

Wildbewaarders het twee vermeende wildstropers in die Kruger Nasionale Park doodgeskiet, het ʼn beampte Donderdag gesê.

“Tydens die konfrontasie wat deur die nag plaasgevind het, is twee vermeende wildstropers van Mosambiek doodgeskiet,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder vir SA Nasionale Parke (SANParks) in ʼn verklaring gesê. Die wildbewaarders was Woensdagaand besig met ʼn anti-wildstropery-aksie ná agt renosterkarkasse sonder hulle horings Dinsdag gevind is. “Veldwagters het op ʼn groep vermeende wildstropers afgekom. SANParks het aangedui dat ʼn skietgeveg toe tussen die wagters en die wildstropers uitgebreek het,” het Thakhuli gesê. Hy sê ʼn .375-geweer en ander jagtoerusting is ook opgespoor.

ʼn Helikopter-soektog Donderdagoggend sal bepaal of meer renosters doodgemaak is. “SANParks is jammer dat die twee vermeende wildstropers oorlede is, maar ons versoek die publiek om die polisie en SANParks van hulp te wees met enige inligting wat moontlik tot die inhegtenisname van potensiële wildstropers kan lei,” het hy gesê.

Sowat 443 renosters is verlede jaar vir hul horings doodgemaak en 333 in 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.