Wildboere koop buffelbul vir R26 miljoen

Horison die buffelbul. Foto: Tessa Steyn / Beeld

ʼn Buffelbul is Saterdag vir R26 miljoen verkoop, wat dit die duurste wilde dier maak wat nog in die land verkoop is.

Die buffel, met die naam Horison, is 10 maande oud en het ʼn horingspanwydte van 130cm, berig Beeld.

Die dier is Saterdag tydens ʼn veiling by die Mbizi Lodge naby Bela-Bela, Limpopo, verkoop. Nagenoeg 1 000 mense het die veiling bygewoon en die veilingomset is meer as R122 miljoen.

Horison is vir R8 miljoen meer verkoop as ʼn buffelbul Senatla, wat verlede jaar die hammer op R18 miljoen laat val het. Senatla se horingspanwydte was 127cm en is tydens ʼn veiling op Thabazimbi verkoop.

Horison se telers is Jacques en Carolien Malan. Piet du Toit tesame met twee wildboere van Rustenburg, het die bul gekoop.

Lees meer hier.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.