Wildehonde verskeur 2-jarige by dieretuin

Foto: AP

ʼn Tweejarige seuntjie is Sondag voor ʼn aantal toeskouers deur ʼn groep wildehonde by ʼn dieretuin verskeur.

Die ma (34) en seun was by die Pittsburgh-dieretuin in Amerika. Sy het die kind glo opgetel sodat hy die wildehonde beter kon sien.

Luitenant Kevin Kraus, van die Pittsburgh-polisie, sê die ma het die kind op die hok se reling getel. Die kind het kort daarna sowat 4.2 meter ver in die put in geval. Elf wildehonde het op hom toegesak en hom verskeur.

Dieretuinwerkers kon daarin slaag om sewe van die honde te verjaag. Drie honde moes weggetrek word. Een hond was te aggressief en moes geskiet word.

Die kind is op die toneel dood verklaar. Dit is nog nie seker of hy weens die val, of aanval, dood is nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.