Wilde jaagtog en skietery in JHB

geweer4-320x1791Twee mense is Woensdag in spervuur beseer nadat ʼn groep mans in Johannesburg se middestad van veiligheidswagte gevlug het.

“ʼn Audi Q7, wat deur veiligheidswagte beman was, het ʼn blou BMW gejaag toe die insittendes van die BMW op die Audi begin skiet het,” het ao. Xoli Mbhele Donderdag gesê. “Die voorval het in die middag op die hoek van Anderson- en Sauerstraat plaasgevind. Die veiligheidswagte het teruggeskiet en die BMW se bande raakgeskiet.”

Vyf verdagtes het uit die BMW geklim en te voet verder gevlug, terwyl hulle aangehou het om op die veiligheidswagte te skiet. Twee passasiers wat in ʼn minibus-taxi gesit het, is in die spervuur raakgeskiet.

“Die groep het toe ʼn Nissan Tiida gekaap en daarmee van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate in Turffontein opgespoor,” het Mbhele gesê.

Die twee mense wat geskiet is, ʼn man en ʼn vrou, is op die toneel behandel. Die vrou is met ʼn nekwond na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volens Mbhele het die veiligheidswagte die BMW begin jaag omdat dit in aankomende verkeer ingejaag het, en nie wou stop toe die veiligheidswagte hulle van die pad af wou trek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

En ? Ek is 99% seker ons gaan nooit weer hiervan hoor nie, behalwe statistiek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.