Wilde perde deur weerlig doodgeslaan

Argieffoto.

Vyf wilde perde is dood nadat hulle oor die naweek tydens ʼn donderstorm in Mpumalanga deur weerlig doodgeslaan is.

Die voorval het Saterdag naby Kaapsehoop plaasgevind, berig Beeld. Reinette van Niekerk, ʼn lid van die Kaapsehoop-perdefonds, het aan die koerant gesê ʼn trop van nege wilde perde het tydens die donderstorm skuiling onder ʼn boom gesoek. Van Niekerk en haar man het in ʼn gastehuis tuisgegaan toe die voorval plaasgevind het.

Die paartjie het die storm sien aankom en wou hul voertuig, wat buite parkeer was, na ʼn motorhuis skuif. Volgens Van Niekerk was hulle nog in hul voertuig toe hulle ʼn harde slag gehoor het. Hulle het gaan ondersoek instel en vyf perde onder die boom sien lê. Die ander vier perde het weggehardloop.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.