Wildekus-tolpad geskrap

Die voorgestelde tolpad wat nou geskrap is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het planne, om ‘n tolpad op die N2 Wildekus-snelweg op te rig, geskrap.

“Die besluit is by ‘n onlangse strategievergadering in Kaapstad geneem,” het Mxolisi Kaunda, voorsitter van die provinsiale vervoerportefeuljekomitee, gesê. “KwaZulu-Natal het reeds te veel tolpaaie en nog tolpaaie sal die provinsie oorlaai.”

Die voorgestelde N2 Wildekus-tolpad sou van die Gonubie-wisselaar naby Oos-Londen in die Oos-Kaap tot by die Isipingo-wisselaar, suid van Durban, strek.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het die besluit verwelkom. “’n Tolpad in Isipingo sou ‘n negatiewe impak op arm gemeenskappe en werknemers van die Suidkus, wat daagliks na Durban of Isipingo pendel, gehad het,” het hy gesê. “As die regering het ons nog altyd gesê dat meer tolpaaie in die Durban-gebied verdere finansiële druk op pendelaars plaas en ekonomiese groei vertraag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Maar wat van al die tolpaaie in Gauteng? Dit oorlaai die provinsie ook maar daar word steeds hardkoppig voortgegaan met e-tol!

Erika ·

Sarie ek stem met jou saam. E-tol, wie op aarde gaan daardie gelde ‘pocket’? Gautengse paaie is vol pot holes, ons ry al soos dronkies op sekere paaie, koes hier koes daar vir ‘n gat of nuwe gat in die pad. Paaie word nie reg gemaak nie, grond word in gat gegooi, en môre as jy daar ry, is die grond uit gat, en jy moet maar weer koes vir ‘n vale!!! EISH!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.