Wildsplaas-tragedie: Sesjarige skiet maatjie dood

Argieffoto

ʼn Sesjarige meisie het Saterdagmiddag by ʼn privaat wildreservaat naby Bela-Bela (Warmbad) glo per ongeluk haar sesjarige maatjie met haar oupa se vuurwapen doodgeskiet.

Kol. Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die Limpopo-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die tragedie het by ‘n wildsreservaat afgespeel. “Die dogtertjie van Johannesburg het by haar oupa en ouma kom kuier vir die naweek,” het Otto gesê.

Die dogtertjie of haar grootouers se name mag nie genoem word nie om haar identiteit te beskerm omdat sy nog minderjarig is.

Die oupa het glo sy .38-rewoler die Vrydagaand uit die kluis gehaal om hulself te beskerm, nadat daar vermoedelik diewe buite hul huis was. Die oupa het die vuurwapen aan die ouma gegee om haarself te beskerm terwyl die oupa en veiligheidswagte die oortreders gesoek het. Ná die voorval is die vuurwapen glo onder klere in die egpaar se kas gebêre en hulle het glo vergeet om die wapen weer in die kluis te bêre.

Die dogtertjie het Saterdag die vuurwapen in die hande gekry. Sy en die slagoffer, Sibongile Moima wat op die plaas saam haar ouers gewoon het, was al van kleintyd af maats. “Die oupa het ʼn skoot hoor afgaan toe hy rugby gekyk het. Toe hy gaan ondersoek instel het besef sy kleinkind het Moima per ongeluk in die gesig geskiet,” het Otto gesê. Moima is op die toneel dood.

Die oupa was glo so geskok dat hy ná die voorval homself wou hang.

Otto het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en die direkteur van openbare vervolging (DOV) sal oor die saak beslis. Beraders is ook na die reservaat gestuur om Moima se ouers en die egpaar by te staan.

Die oupa moet Maandag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van die nalatige hantering van ’n vuurwapen. “Ons weet die gesin is geskok, maar ons moet ongelukkig die oupa onder die vuurwapenwet vervolg vir moontlike onveilige hantering of nalatige gebruik van ʼn vuurwapen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Seg Net ·

Hierdie is nie die eerste en sal ook nie de laaste geval wees nie. Dit is so onnodig.Veral boere wat van vuurwapens gebruik maar, maak nie saak vir watter doen nie, is baie agterlosig as dit kom by die teosluit van vuurwapens na gebruik. Ek is een van hulle en sal daarop moet let.

Stoere Boer ·

Die probleem is as die vuurwapen in die kluis is gaan kosbare tyd verlore as jy in die moeilikheid is. Dus word hy op ‘n “Veilige” plek neergesit en ons ken kinders. Hulle grou partykeer op verkeerde plekke uit nuuskierigheid.

Peter Vonk ·

Stoere Boer,ek stem saam met jou,maar as daar kinders in die huis is moet die wapen buite bereik van die kinders geplaas word.Baie tragiese geval hierdie,sterkte aan die oupa en kind se ouers.

Willy ·

Dis so tragies! My hart bloei vir hierdie mense. Die dag is hier dat ons soos toe baie van ons grensdiens gedoen het jou vuurwapen oral saam moet dra, maar ook altyd bewus wees waar die vuurwapen/s is en altyd waaksaam wees.
Sterkte aan die familie wat deur hierdie tragedie moet gaan.

Trudie ·

Mens besef nie altyd hoe daardie klein ogies elke beweging van mens dophou nie. Baie tragies en voel bitter jammer vir almal betrokke, veral die oupa wat nou deur al hierdie hofsake, ens moet gaan.

Amy ·

My hart gaan uit na die familie. En veral na die sesjarige dogtertjie. Sy sal intensiewe berading moet kry, om die tragiese vooral te verwerk. En dan dink ek ook veral aan die oupa. Dat hy homself gou sal vergewe. Ja, dit was agterlosigheid, maar ook ‘n tragiese ongeluk gewees.

Elzette ·

Sjoe dit is werklik baie hartseer. die arme dogertjie en die oupa. shame en die ouers wat sopas hulle kind verloor het… ek wens die crime wil net STOP sodat ons nie wapens nodig het nie… dit kons sy eie kleinkind gewees het.. Rus in vrede klein Sibongile, mag jou ouers oupa vergewe en mag hulle vrede vind, almal. ouma ook. sterkte klein liefie, jy het nie geweet die weer is nie ‘n speelding nie. dis okay. sjoe my hart is seer

sindy ·

Maak nie saak hoeveel berading daai kind gaan kry nie,dit sal veraltyd by haar bly,ai die arme kind en oupa.sterkte en mag ons vader Sy hande oor jul hou.

leana ·

Hierdie treurpel sou moontlik nie plaasgevind het as die boere nie so uitgemoor word nie. Tragies!!

christine naude ·

Sterkte aan oupa, ouma en kleinding, vir aldrie moet dit erg wees, so ook die kleinding wat geskiet is se ouers, wanneer sal ons ou landjie sonder misdaad wees? as daar nie diewe buite die huis was nie. sou wapen nog in kluis gewees het, so dit is EINTLIK die diewe se skuld dat dit gebeur het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.