Wildtuin waarsku: ‘Maak vol’

Die Krugerwildtuin het Dinsdag ʼn waarskuwing gerig aan besoekers om hulle motors vol te maak aangesien daar ʼn brandstof tekort is in die wildtuin.

ʼn Woordvoerder van die wildtuin, William Mabasa, sê daar is ʼn tekort aan loodvrye brandstof by meeste van die wildtuin se vulstasies. Mabasa sê die situasie is as gevolg van die landwye tekort en is dit nie net die wildtuin wat hierdeur geraak word nie maar verskeie vulstasies in die omgewing. Hy sê daar is geen loodvrye brandstof beskikbaar by Skukuza, Letaba, Laer Sabie, Pretoriuskop en Shingwedzi nie. Mabasa sê hulle verwag dat hulle verskaffer teen Woensdag brandstof sal kan aflewer. Hy sê die bestuur van die wildtuin wil verseker dat daar genoeg brandstof is vir besoekers oor die kersnaweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.