William en Kate se baba in Julie verwag

Prins William en Kate Middleton

Prins William en sy vrou Catherine se baba sal in Julie-maand gebore word.

“Hul koninklike hoogheid, die hertog en hertogin van Cambridge se baba word in Juliemaand verwag,” het die St James’ Palace Maandag gesê. Kate se toestand het verbeter nadat sy verlede maand in die hospitaal opgeneem is vir erge oggendnaarheid. Die 31-jarige se hospitalisasie het koninklike beamptes gedwing om die swangerskap vroeër as wat aanvanklik beplan is, aan te kondig.

Die prins se kantoor het ook bewerings dat Kate ‘n tweeling verwag, afgemaak.

Die paartjie is in April 2011 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.