Prins William en sy vrou Catherine se baba sal in Julie-maand gebore word.
“Hul koninklike hoogheid, die hertog en hertogin van Cambridge se baba word in Juliemaand verwag,” het die St James’ Palace Maandag gesê. Kate se toestand het verbeter nadat sy verlede maand in die hospitaal opgeneem is vir erge oggendnaarheid. Die 31-jarige se hospitalisasie het koninklike beamptes gedwing om die swangerskap vroeër as wat aanvanklik beplan is, aan te kondig.
Die prins se kantoor het ook bewerings dat Kate ‘n tweeling verwag, afgemaak.
Die paartjie is in April 2011 getroud.
2 Kommentare