Stormsterktewinde maak konstruksie aan die Kaapstad se hoogste gebou onstabiel, het die stad se rampbestuur Sondag gesê.
“’n Aantal ooggetuiges het berig dat die steierwerk by die Portside-gebou in die middestad onstabiel is,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder, gesê. “Met aankoms het rampbestuur se reaksiespanne en die gebouinspektoraat bevestig dat steierwerk op die konstruksie omgeval het.”
Die gebied is nou afgebaken en die gebou se kontrakteurs is aangesê om die gebied te herstel en te stabiliseer. “Die Portside-gebou wat tans onder konstruksie is, grens aan Buitengracht-, Hans Strijdom-, Bree-, en Mechaustraat. Die gebou sal Kaapstad se jongste en hoogste wolkekrabber wees,” het Solomons-Johannes bygevoeg. Die gebou sal 32 verdiepings, kantoor-, winkel- en bankspasie hê en 1 382 parkeerruimtes.
Hoekom wil mense altyd die grootste gebou bou ???
Hierdie gebou is ‘n vulletjie teenoor die geboue in New York, Hong Kong en Singapoer en ander groot oorsese lande! Maar ja, as Van Hunks daai pyp opsteek is dit NAG, NELLA!!!