Windplaas in Oos-Kaap sal gemeenskap bevoordeel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voorheen benadeelde gemeenskap in die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap gaan ʼn 40%-aandeel ʼn nuwe windplaas-projek ontvang.

“Die projek bied die omvattende ervaring van een van Europa se leiers in die vervaardiging van hernubare krag en stel die plaaslike gemeenskap in staat om noemenswaardig voordeel te trek uit hul 40%-eienaarskap,” het Mark Tanton, besturende direkteur van Red Cap Investments, Woensdag gesê.

Die departement van energie het die maatskappy se aanbod vir die nuwe windplaas Dinsdag goedgekeur. Die plaas sal by Gibsonbaai opgerig word.

Die 37-turbineprojek, wat R2,25 miljard sal kos, sal van vroeg 2017 handelsaktiwiteit bereik. Na verwagting sal die plaas minstens 424GW-uur per jaar opwek.

Die projek sal grootliks besit, gebou en bestuur word deur Enel Green Power SA, ʼn filiaal van Enel Green Power SpA.

“Red Cap ontwikkel ʼn trots Suid-Afrikaanse windkragportefeulje en sal sy toekomstige groei verseker deur partye te betrek wat voorheen nie suksesvol was met hul aanbiedings nie,” het Tanton gesê.

Red Cap was ook aan die hoof van die suksesvolle aanbod vir die Kouga-windplaasprojek by Oesterbaai wat tans opgerig word. Dié 32-turbine-windplaas sal na verwagting in die laaste kwartaal van 2014 elektrisiteit aan Eskom kan verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.