Winehouse dood steeds ‘n raaisel

Foto: Facebook

ʼn Lykskouing op die Grammy bekroonde sangeres Amy Winehouse kon nie vasstel waaraan die 27-jarige sangeres dood is nie. Winehouse se liggaam is Saterdagmiddag in haar huis in Londen gevind.

Daar sal nou toetse gedoen word om te bepaal of Winehouse enige toksiese stowwe in haar liggaam gehad het. Winehouse was gereeld in die nuus vir haar worsteling met drank en dwelms. Sy word Dinsdag begrawe. Die tyd en plek hiervan sal egter nie bekendgemaak word nie. Winehouse het in 2006 sterstatus bereik met haar album Back to Black. Sy het die eerste Britse sanger geword om vyf Grammy’s te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.