Winkel brand in Brits

'n Brand het in die oggendure by 'n winkel in Brits ontstaan. Niemand is in die brand beseer nie en die omvang van die skade is nog nie bekend nie.

Die rampbestuur-afdeling van Brits in Noordwes moes Woensdagoggend bont staan ná ʼn brand by die Pick n Pay-winkel in dié dorp ontstaan het.

Volgens Lebogang Tsogang, die kommunikasiebestuurder van die Madibeng-munisipaliteit, is die hulp van die Tshwane-nooddienste ingeroep om die plaaslike brandweer te ondersteun.

“Die brand het omstreeks 05:00 die oggend ontstaan. Werkers het die brandweer gebel toe hulle by die perseel aankom en die gebou in ligte laaie sien. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Gelukkig was dit vroeg, so daar was nie werkers of kliënte in die winkel nie,” het Tsogang aan Maroela Media gesê.

Die vlamme is rondom 08:00 onder beheer gebring. Brandweer is steeds op die toneel om ʼn oog oor die smeulende gebou te hou. Die oorsaak van die brand en die omvang van die skade is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.