Winkeleienaar doodgeskiet

geweer4-320x1791ʼn Winkeleienaar is Saterdag tydens ʼn rooftog in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê drie mans het geld van die winkeleienaar geëis voor hulle hom in die bolyf geskiet en van die toneel gevlug het. Die winkeleienaar is op die toneel dood verklaar. “Twee van die drie verdagtes, tussen 25 en 28 jaar oud, is later by ʼn vlooimark in hegtenis geneem.” Dlamini sê die polisie soek steeds na die derde verdagte. Hy sê een van die verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is, word ook aan rooftogte in Bramley en die noorde van Boksburg verbind. Die verdagtes sal Maandag in die Boksburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dinknet ·

Dagsè mense…… En naas die rugby,is die eerste nuus van die dag MOORD…….

Justi ·

Die wetters! Steel eers die geld en dan moor hulle in elkgeval! Skuim van die aarde! Hul tipe moet in mynskagte toe geseel word!

Justi ·

Ai ek braak so gal dat ek byna vergeet om te groet. Goeie more almal! Hoop julle het n wonderlike dagi. XxX

Willy ·

Môre môre môre almal.
Wat ‘n lieflike dag hier in die Transvaal. Dis nou regte buitekant weer.
Hoop almal het ‘n leisure dag vandag.

Sulke skuim moet nie aangekeer word nie. Hulle moet op sig vrek geskiet word.

Trippie ·

DINKNET, bly om jou weer raak te loop hier !

More mense, hoop julle gaan ‘n veilige, geseende dag he. (kry nie kappie oppie leptoppie nie).

XXX

Ja Willy, lekker warm, my tipe weer.

Louise ·

Trippie druk alt en 136 op jou sleutelbord en wolla daar sit die ê!

Trippie ·

Dankie Louise, dit werk nie op my skootrekenaar nie – baie mense het die probleem, dalk ‘n eksterne sleutelbord aanskaf wat net syfers het. Ken al die “ALT-sleutels” uit my kop.

Dinknet ·

More Trippie! Jy het my so laat welkom voel,dit kan nie anders nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.