Winkeleienaar skiet rower dood

rowersʼn Man is Dinsdag doodgeskiet en ʼn ander gewond tydens ʼn mislukte besigheidsroof in Gauteng.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee gewapende mans het glo probeer om ʼn winkel in Moroka in Soweto te beroof. “Die mans het geld van die man agter die toonbank geëis en hom in die been geskiet,” het Mogale gesê.

Die winkel se eienaar, wat tydens die voorval in die stoorkamer was, het die skoot gehoor en gaan ondersoek instel. “Hy het skote na die verdagtes gevuur en een noodlottig gewond. Die ander man is in die nek getref.”

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eben ·

Nou is die winkeleienaar seker in die sop …… Skiet om dood te skiet!!

Nie te min …. mooi so aan die winkeleienaar … n Bell vir jou!

Linda ·

Eben – nee eienaar gaan skotvry wegloop…. winkel in SOWETO…..

Eben ·

Gie gie dankie Linda soos my allie gelees!! … okay dan is die Bell vir jou :-)

R.A SHARP ·

Goed so. Meer mense moet terug veg. Dit is tyd dat die kriminele gespuis leer dat hulle ook kan bloei.
Kriminele van alle rasse moet weet, dat wanneer hy die wapen opneem teen die onskuldiges, dat sy lewe ook op die spel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.