Winkels sluit ná afdanking

shopriteDie sluiting van vyf Shoprite-winkels in Mosambiek spruit glo uit die afdanking weke gelede van een werknemer, het die supermarkreus gesê.

“Die Shoprite-groep glo dat onlangse inspeksies en die sluiting van vyf winkels gevolg het nadat ʼn bestuurslid vasgetrek is nadat hy vervalde margarien onwettig verkoop het,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. Die Nasionale Inspektoraat van Ekonomiese Bedrywigheide (INAE) in Mosambiek het die winkels in Maputo, Boane en Chimoio gesluit nadat dié winkels ou kosvoorraad verkoop het.

Inspekteurs het Dinsdag en Woensdag die voorraad in die supermarkte ondersoek en alles verwyder wat nie meer in ʼn goeie toestand was om te verkoop nie. Die maatskappy sê hy het ʼn “baie streng” beleid om nie enige produk ná sy vervaldatum te verkoop nie. “Rakke en verkoelingsrakke word daagliks deursoek om produkte te verwyder wat hul verkoopdatum bereik het. Dié produkte word verwyder en vernietig, of word in ʼn stoorkamer aangehou totdat die verskaffer of gesondheidsbeamptes van die stad dit kom haal om dit te vernietig.”

Die maatskappy het glo verskeie interne maatreëls in plek gestel om dié beleid te steun. “Waar winkels gemiddeld meer as 22 000 items op sy rakke het, is dit moontlik dat personeel van tyd tot tyd sekere items mis wat reeds verwyder moes word.”

Die maatskappy werk glo nou saam met die INAE in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Stokoud gevriesde hoenders kry nuwe vervaldatums in “Bulk” sakkies gesit as “Today’s Special” en ons is almal bly daar is nie kangaroo of perdevleis in nie. arf arf !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.