Winkelsentrum ontruim na bomdreigement

Foto: Google Street View

Die Kolonnade-winkelsentrum, noord van Pretoria, is Vrydagmiddag ontruim na ʼn bomdreigement.

Volgens die sentrum se bestuur is daar kort voor 15:00 Vrydagmiddag ʼn bomdreigement ontvang en is die polisie onmiddellik in kennis gestel. Mense is intussen uit die sentrum ontruim terwyl die polisie se bomeenheid die gebou gefynkam het. Volgens ooggetuies het die polisie alle ingange na die sentrum versper en is geen voertuie toegelaat om die perseel binne te kom of te verlaat nie. Die sentrum is egter om 16:20 veilig verklaar en winkels maak gereed om weer besigheid te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.