Winkelsentrum ontruim ná bomdreigement

Die polisie het Donderdag die Westgate-winkelsentrum in Roodepoort, wes van Johannesburg, ontruim ná ʼn bomdreigement.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol, Tshisikhawe Ndou, sê ʼn winkel in die sentrum het ʼn oproep ontvang van iemand wat gewaarsku het dat ʼn bom op die perseel geplant is. “Die polisie het na die toneel gehaas. Die bom-eenheid en honde-eenheid het deur die sentrum gegaan maar kon niks vind nie.” Ndou sê die sentrum is ontruim maar sake het sowat 30 minute klater weer voortgegaan. Die polisie het gevra dat enigiemand wat inligting het oor die voorval hulle kontak by 08600 10111

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.