Winnie: Balju staan voor dooiemansdeur

Die balju en afslaer het Dinsdagoggend voor dooiemansdeur te staan gekom om beslag te lê op bates van Winnie Madikizela-Mandela om die skuld wat sy het te vereffen.

ʼn Hofbevel is vroeër teen haar verkry nadat sy glo versuim het om R40 000 aan Abbotts College, waar haar susterskind skoolgaan, oor te betaal. Van die items wat Dinsdag verkoop sou word, sluit verskeie skilderye, beeldhouwerk en ʼn silwer teestel in.

Kort voor die balju en afslaer by haar huis in Soweto aangekom het, het ʼn swart Audi van die perseel af weggejaag. Die balju het tevergeefs aan die hek geklop om toegang tot die perseel te kry. Die balju en afslaer het later die perseel verlaat en laat weet hulle gaan ʼn hofinterdik bekom.

Lees ook:
Winnie se bates onder die hamer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

ja en sy sal seker mos maar weer daarmee wegkom soos gewoonlik’

louise ·

Ha ha haaaa, wat het julle gedink, sy gaan hulle inwag met tee en koek?
Tereg soos Helena sê sy gaan daarmee ook wegkom soos gewoonlik!

Miss Knysna ·

What a joke. This woman is one of the biggest moron’s in the country.

louise ·

Ja sy gaan vir hulle tee skink uit haar silwer teestel! Hie hie hieeee

Amandie van der Merwe ·

Ou Winnie sal maar weer ‘n kombuisjoppie moet soek……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.