Winnie glo betrokke by twee se verdwyning

Madikizela-Mandela (middel). Foto: GCIS

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aangekondig dat hy die verdwyning van twee mans, wat glo die laaste keer saam met oudpresident Nelson Mandela se voormalige vrou Winnie Madikizela-Mandela gesien is, ondersoek.

Makhosini Nkosi, woordvoerder van die NVG, sê hulle het onlangs nuwe inligting bekom rakende die verdwyning van Lolo Sono en Siboniso Shabalala in 1988. “Die ondersoek na die saak duur voort. Geen presiese grafterreine is bevestig of opgegrawe nie.” Nkosi kon nie berigte dat die twee aan Madikizela-Mandela verbind word, bevestig nie. Associated Press berig dat Sono en Shabalala die laaste keer in November 1988 by Madikizela-Mandela se huis in Soweto, Johannesburg gesien is. Madikizela-Mandela is in 1991 daaraan skuldig bevind dat sy vier jong mans ontvoer en aangerand het. Sy is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis maar het appèl aangeteken en uiteindelik net ʼn boete betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.