Wit Buffel het glo verbode middels gebruik

Francois Botha

Die Suid-Afrikaanse bokser en voormalige swaargewigbokskampioen Francois Botha het glo positief getoets vir ʼn verbode middel voor sy geveg Vrydag met die Australiese rugbyspeler Sonny Bill Williams.

Volgens Australiese mediaberigte is die verbode middel Phentermine Dinsdag in Botha (44) se urinemonsters gevind. Daar is glo ook spore van die middel Benzodiazepine in Botha, bekend as die Wit Buffel, se urinemonsters gevind. Die uitslae sal nou na die Wêreld-boksvereniging se hoofkantoor in Panama gestuur word. Botha het al in sy 20 jaar lange professionele loopbaan teen Mike Tyson, Evander Holyfield, Michael Moorer en Lennox Lewis geboks.

Williams het Botha Vrydag met ʼn omstrede eenparige puntebeslissing gewen. Die beoordelaars in Brisbane het die geveg eenparig aan Williams toegeken. Twee beoordelaars het beslis dat Williams met 97–91 as wenner uit die stryd moet tree, terwyl die derde beoordelaar beslis het dat Williams met 98 teen 94 die botoon gevoer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.