Wit duiwe by Mandela-hospitaal vrygelaat

Argieffoto

Wit duiwe is Dinsdag vrygelaat by die Pretoriase hospitaal waar voormalige president Nelson Mandela in ʼn kritieke toestand is.

Sakeman Calvern Hugo het sowat 60 duiwe naby die ingang na die hospitaal in Celliersstraat vrygelaat, ter ere van Mandela se bydrae tot die land se vryheid.

“Dit was ʼn paar minute van opoffering wat ons uit ons besige skedules geneem het om dankie te sê vir die opofferinge wat hy vir ons as nasie gemaak het,” het Hugo gesê. “Ons het groot waardering vir dit wat jy vir ons as ʼn nasie gedoen het. Wat jy gedoen het sal deur toekomstige generasies eggo.”

Joernaliste, lede van die publiek en hospitaalpersoneellede het toegekyk hoe Hugo die duiwe vrylaat. Die gebaar het naby die muur plaasgevind waar blomme, ballonne, en talle handgemaakte beterskapkaartjies geplaas is.

Familielede van Mandela het intussen ook by die hospitaal aangekom. ʼn Swart Jeep-voertuig is, sonder om deursoek te word, by die hospitaal se ingang in Parkstraat ingelaat.

Voertuie met militêre nommerplate en voertuie wat familielede vervoer, politici, en regeringsbeamptes is die enigste voertuie wat by die hospitaal ingelaat word sonder om eers deursoek te word.

Die hospitaal se sekuriteitswagte en polisiebeamptes beman steeds die hospitaal se hoofingange.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carin ·

Pragtige gebaar.
Al wat ons kan doen is om maar net te bid dat God se wil geskied en dat Hy met Madiba en sy familie sal wees.

Kaspaas ·

Carin, ek probeer nie snaaks wees met die vraag nie, maar ek verstaan nie die konsep van “bid dat God se wil geskied” nie – Geskied God se wil dan nie in elke geval nie ?

Sarie van Niekerk ·

Ai tog die sirkus is besig om toe te neem. Mense dit is net ‘n mens, nie ‘n god nie, as dit nou al so gaan hoe gaan dit wees as hy sy asem finaal uitblaas, of het hy dalk al

Kaspaas ·

““Dit was ʼn paar minute van opoffering wat ons uit ons besige skedules geneem het om dankie te sê vir die opofferinge wat hy vir ons as nasie gemaak het,” het Hugo gesê” – Hoe “bou mens ‘n brug” oor so iets as van jou familie in die Kerkstraat bomontploffing dood is ?? In Mandela se boek het hy self erken hy het die Kerkstraat bom uit die Robin eiland uit beplan/georkestreer. Kan die feit dat swart mense nie stemreg gehad het nie, sulke wrede dade goedkeur ? Opofferings ??????

H J Bester ·

Mens sou graag hulde wou bring aan Mandela wat, binne ‘n bepaalde konteks, sy deel bygedra het tot vrede in Suid-Afrika maar die ANC, in sy huidige gedaante en onder leiding van Zuma, hou meer bedreiginge vir die land in as wat Madela se vrede kon skep. Zuma en Kie het eenvoudig alles wat mooi was sedert Madela se regeer-tydperk ongedaan gemaak en het daar as’t ware meer rassespanning ontstaan as ooit tevore. Sal die spanning ooit weer verdwyn ?

EBTfan ·

Ek’s verbaas die WIT duiwe was nie ook “afgeskiet” soos die wit mense in die land nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.