Wit Gauteng-mans verdien meeste

Wit mans in Gauteng is die land se topsalaristrekkers terwyl jong swart vroue in Limpopo die minste verdien.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het Dinsdag in ʼn verslag gesê die groep salaristrekkers wat die meeste verdien is wit mans wat in vaardige poste in die gemeenskaps- en maatskaplike dienssektor (wat die regering insluit) werk, aan ʼn vakbond behoort en 55 tot 64 jaar oud is. SAIRR sê dié bevindinge is gemaak nadat hulle inligting van Statistiek Suid-Afrika ontleed het.

“Die gemiddelde werknemer wat die minste betaal word, is swart vroue wat in Limpopo bly, in privaat huishoudings werk, nie aan ‘n vakbond behoort nie en tussen 15 en 24 jaar oud is,” lui die SAIRR se verslag.

SAIRR sê in 2011 was die mediaan maandelikse salaris vir swart salaristrekkers R2 380. Bruin salaristrekkers se mediaansalaris was R3 030, R6 800 vir Indiërs en R10 000 vir wittes.

Volgens die opname is die mediaan maandelikse salaris van die wit salaristrekkers vier keer meer as dié van swart vaardige werknemers, en ses keer meer as dié van ongeskoolde werknemers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johan ·

ai en nous die blankes weer in die moeilikheid omdat ons meer verdien, ook seker apardheid se skuld!!!

Wessel ·

Hierdie statistiek is skeef gekook. Wat van die tenderpreneurs wat vir die staat en munisipaliteite werk se vet salarisse plus ekstra inkomste. Mins witmans sal by die bedrae uitkom!! Altyd skeef gekkok om die wittes by te kom!!!

mina ·

kyk maar net na die munisipaleteite dit is hoekom alles platval hulle steel al die geld

Marlene ·

Wat ‘n klug ! Ons woon in Gauteng en my man is blank. Werk al 17 jaar vir die selfde maatskappy maar sy salaris is beslis nie R10,000.00 of meer per maand nie. As dit nie vir oortyd was nie het ons op straat gesit. Ek werk in die finansieele sektor en die inligting wat hier deurgegee word weet ek vir ‘n feit is nie korrek nie. Kyk bietjie om jul rond wie is dit wat die duur voertuie ry, is aan die bestuur van maatskappye (en dit nie oor hulle daarvoor gewerk het nie,maar omdat hulle swart is), ens,ens ? Die statestieke is net so ‘n groot klug soos die anc regering

H J Bester ·

Die naakte rassisme wat in die SA Instituut vir Rasseverhoudinge se verslag na vore kom, is vreemd. Hoekom word daar soveel klem geplaas op wat lede uit sekere bevolkingsgroepe verdien as rassisme en kleurverband eintlik geen rol meer hoef te speel in Suid-Afrika nie.

‘n Verslag wat die produktiwiteit in alle sektore van die Openbare- sowel as Sakewêreld uitbeeld, sou ‘n meer tersaaklike en werkbare stuk gewees het.

mina ·

wat my bekommer is dat orals in die banke klerewinkels pick a pay makro ens is dit net nie blankes geen wit gesig meer geen wonder die blankes verarm nou so nie want dit is net die ander kleur wat werk krynof hulle nou die ondervinding het of nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.