Wit haai by St Francis Bay

Mense moet versigtig wees by die St Francis Bay-kuslyn in die Oos-Kaap waar ʼn wit haai opgemerk is, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Vrydag gesê.

Die haai, wat glo vyf meter lank is, is al die afgelope paar dae langs die kus, het woordvoerder Craig Lambinon in ʼn verklaring gesê. Visvanglisensies vir haaie wat glo deur owerhede in die gebied uitgereik is, is moontlik die rede waarom meer haaie langs die kus aangetref word, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.