Wit karre glo die veiligste

Voornemende kopers wat in ʼn goeie herverkoopprys belangstel koop eerder swart, silwer of donkerblou voertuie, maar wanneer dit by veiligheid kom, sê kundiges dat wit die beste kleur is om te koop.

Volgens Duitsland se Tuev-Nord-toetsagentskap, is wit voertuie minder geneig om deur ander voertuie gestamp te word wanneer die lig swak is. Swart voertuie word die minste raakgesien, selfs in helder sonlig, gevolg deur gewilde kleure soos petrolkleur en grys. Ongelukstatistiek regoor die wêreld reflekteer die risiko wat aan donkerder kleure gekoppel word. Helder en duidelike kleure soos wit en geel reflekteer die lig beter en is makliker om te sien – selfs oor ʼn afstand. ʼn Studie in Swede het bevind dat pienk karre in die minste ongelukke betrokke is, terwyl navorsing in Australië deur die Monash Universiteit Ongelukseenheid bevind het dat swart voertuie tot 12% meer geneig is as wit voertuie om in ʼn ongeluk betrokke te wees. ʼn Studie by Nieu-Seeland se Universiteit van Auckland het ook voertuigkleur aan die aantal ongelukke koppel. Luidens dié studie is persone wat bruin voertuie bestuur aan ʼn hoër risiko blootgestel om beserings in ʼn ongeluk op te doen. Kleure soos swart en groen wys ook ʼn hoër risiko van beserings in ongelukke. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.