Wit mans domineer steeds bestuursposte

‘n Verslag deur die Diensgelykheidskommissie het bevind dat witmense glo steeds topbestuurposte in Suid-Afrika domineer.

Die 13de uitgawe van die verslag toon dat sowat 72.6 van topbestuurposte deur witmense gevul word. Dit was 81.5% in 2002. Die verslag reflekteer die openbare en privaatsektore.

Sowat 12.3% swartmense was in 2012 in topbestuurposte, in vergelyking met 10% in 2002. Dr. Loyiso Mzisi Mbabane, voorsitter van die kommissie, het die verslag tydens ‘n Transformasie Indaba in Boksburg aan die Oos-Rand aan Mildred Oliphant, minister van arbeid, oorhandig.

Bruin mense het sowat 4.6% van topbestuurposte gevul in vergelyking met 3.4% in 2002; en Indiërs het 7.3% van dié poste gevul, in teenstelling met 5% in 2002.

Sowat 3.1% van die persone in topbestuurposte is uitlanders, in vergelyking met 0% in 2002. Die departement van arbeid het egter eers in 2006 die data begin versamel.

Mbabane het sy teleurstelling oor die vlakke van transformasie uitgespreek. “Dit is onaanvaarbaar. Dit is nie wat mens verwag nie, veral nie aangesien ons ‘n wet het nie,” het hy gesê.

Mans domineer ook nog die topbestuurposte, alhoewel hul verteenwoordiging op hierdie vlak met 6.1% gedaal het, van 86.2% in 2002 tot 80.1% in 2012.

Oliphant het aan die konferensie gesê die beleid om diensgelykheid in die werkplek in te stel sal volstaan. “Daar is diegene wat versoek dat ‘n sogenaamde sonsondergang-klousule in die diensgelykheidsplan bygewerk moet word,” het Oliphant gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gawie Botha ·

Daar sal meer witmense top poste besit,want die besigheid behoort aan hulle,,,,,,dit is so eenvoudig soos dit is,,,,,,

henry ·

Miskien moet die staat meer aan onderwys spandeer sodat meer mense hul eie besighede kan oop maak wat gesonde kompetisie sal skep, daar is geen verskoning dat na 20 jaar daar nie mense is wat nie ondervinding en kwalifikasies kon kry om besighede oop te maak en dus die ekonomie kan laat groei en meer werk skep nie, alles kom altyd neer op die wit man, maar tog was die besighede nie vir hul gegee nie daar was hard gewerk vir dit, die owerhede maak ons eerder die sondebokke waar dit duidelik is dat hul ‘n kultuur van entitlement geskep het in plaas van een van entrepeneurs. Daar is net soveel wit mense om ‘n ekonomie ook net so groot te maak, nou dink net daar aan as meer swart mense ook hul eie besighede kon begin hoe wonderlik en groot ons ekonomie sou wees en minder mense in plakkerskampe wat eerder iets tot ons samelewing bydra, maar daar word eerder gewag vir oorhandigings, geen land werk so nie, en veral nie na 20 jaar nie. Ek wens so graag meer mense wil net wakker word en agterkom hul is in beheer van hul eie toekoms die regering gaan dit nie vir die meerderheid beter maak nie. Ek hardloop 3 besighede op die oomblik om aan die lewe te bly, en ek kom nie van ‘n ryk agtergrond af nie, dit kan gedoen word daar is geen verskoning nie.

william ·

In hierdie land en Afrika in die geheel is daar 4 belangrike dinge Afwesig. Dit is aanspreeklikheid, verantwoordelikheid, die politieke wil en n gesonde werks etiek. Afrika met sy minerale rykdom en olie behoort die rykste kontinent te wees maar is die armste. n Land wat my beindruk is Japan. In die tweede wereld oorlog is hulle verpletter. Hulle is nie ryklik bedeeld met grondstowwe nie en moet die meeste invoer. Tog was hulle die wereld se tweede grootste ekonomie tot nou onlangs toe China hulle verby gegaan het. Hulle werks etiek en dissipline is iets om te aanskou. Niks kan hulle onderkry nie.
Hulle leiers is mense met n visie vir die toekoms, iets wat Suid Afrika nie het nie. Die mense met die kennis en visie sit op die kantlyn en toekyk hoe die land agteruitgaan.Die ANC is hulle eie grootste vyand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.