Wit plaasarbeiders vir minder as minimum loon aangestel

Werklose wit mans het nou die geleentheid om as arbeiders op plase aangestel te word teen veel minder as die minimum loon – indien hulle bereid is om te werk.

Nadat Mildred Oliphant, minister van landbou, verlede week aangekondig het dat die minimum loon vir plaaswerkers vanaf 1 Maart sal styg na R105, het ʼn boer van Limpopo besluit om ʼn plan te maak. Die boer, wat anoniem wil bly, het kontak gemaak met ʼn paar ander boere van reg oor die land wat met die hande in die hare is omdat hulle nie die nuwe loon vir plaaswerkers kan bekostig nie. Daarna het hy ʼn advertensie op Facebook geplaas, waarin hy wit mans en vroue nooi om aansoek te doen vir werk op plase, wat “verblyf en ander voordele” insluit.

Volgens die boer is hulle binne enkele dae, en met net ʼn advertensie op Facebook, oorval met aansoeke. “Meer as 500 aansoeke is ontvang,” het hy gesê. “Dit lyk of ons dit gaan regkry om sowat 100 van hierdie mense op plase reg oor die land te plaas. Al hierdie mense is bereid om vir heelwat minder as die minimum loon te werk.”

Dié projek was bloot ʼn eksperiment, sê hy, en hulle het glad nie verwag om soveel reaksie te kry nie. Die advertensie was veral gerig op mans in wit plakkerskampe wat graag ʼn inkomste wil verdien.

“Ons het hierdie keer slegs mans aangestel,” het hy gesê. “Indien ons voortgaan met die projek en weer adverteer, sal ons probeer om vroue en kinders saam met die mans na plase te verskuif. Ons wil nie graag gesinne van mekaar skei nie.”

In reaksie op die aankondiging dat die minimum loon vir plaaswerkers na R105 styg, het Agri SA en TLU SA verklarings uitgereik wat daarop dui dat tot sowat 100 000 plaaswerkers hul werk, wat dikwels behuising insluit, kan verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Leonard Welthagen ·

Hou my asb op hoogte as julle die poste adverteer, ek het ‘n klomp werklose ouers by my wat dringend werk soek.

Ferdinand Kirsten ·

Ek is opsoek na n witman wat hard kan werk. Moet gewillig wees om enige plaas werk te doen.

Elize ·

Middag Ferdinad
Ek sien jy soek n wit man wat op n plaas wil werk
Kan jy my inligting gee ivm die plase dis vir my broer Rudi

Dankie Baie
Elize
[email protected]

kobus fourie ·

Hi! Ek is n baie hard werkende man geen onafhanklikes nie en bereid om enige werk op plaas te doen asb kontak kobus by 081 010 3003 baie dankie

Gerda de Wet ·

My seun soek n werk en blyplek. Sy verloofde kan ook werk op die plaas, sy nommer is 0749134237

Elize Beukes ·

Dis wonderlike nuus – hou ons op hoogte sodra inligting beskikbaar is

Martie van Graan ·

Dit is fantasties, ek hoop hulle behou hulle werke, baie mooi mense dit moes al lankal al gebeur het.

Gawie ·

Die mense op facebook het dit vir ‘n “hoax” aangesien. Dankie Susan vir die ondersoek. Ek gaan jou vra om my te help om ‘n ware bedrogspul oop te vlek. Hou jou posbus dop!

Dave Viljoen ·

Amen vir hierdie een, dit moes lankal gebeur het, laat die stakende werkers en die wat verantwoordelik was daarvoor nou by Cosatu gaan smeek vir kos. Nou moet die blankes geen kospakkies uitdeel nie en nog minder vir sending gee, julle gaan nou getarget word.

Brenda ·

Pragtig!!! Dit is ‘n wonderlike inisiatief en ‘n pragtige bewys van: “Jy kan nie die hand byt wat jou voer nie” (laat dit ‘n les wees vir al die vandalistiese betogers- as jy nie bereid is om die werk te doen nie, sal iemand anders WEL wees).
Ek hoop hierdie projek gaan van krag tot krag, so ook die boere met hul boerderye. En dat die wit plakkerskampe in die proses sommer sal sneuwel en verdwyn!

LOUIS JORDAAN ·

Dit is nou goeie nuus.Hoop daar is baie blanke mans wat so aan gestel kan word.MOOI MAN.

Suzelta Viljoen ·

Ek is so bly dat ons volk stadig maar seker weer begin saamstaan en na mekaar begin kyk. Hou so aan. Ek weet ook van ‘n paar arm mans wat graag sal WIL werk, hou ons op hoogte…

Des ·

Daar is BAIE wittes wat regtig moed bymekaarskrap deur enigiets te doen om te oorleef.Werk is nie ‘n aanpassing nie,ons vat die bul by die horings en ploeg!!!Moegraak en traag soos ‘dit’,bestaan nie in die woordeboek van die ware wilsweg van ‘n ‘mens’ wat wil nie,ek weet!Het elke dag saam met ‘dit’-omtrent 130 gewerk,en moenie baie verwag nie…Vir ons is daar niks nie,probeer om vrou en kinders aan die lewe te hou en die welgesteldes trap die armoediges dieper in die grond weg…dis die snobisme en rykdom wat hoëgety vier…almal mos in die see…die van ons wat baie kan doen : sweis,bou,ploeg,herstel trekkers,lifters en skare,meganiese – petrol en diesel herstel,elektrisiteit skep vir jouself,plant mielies met tot 16 koppe per plant,en,en,en…so hou ons mos die rykes en te moeg aan die lewe…’ek het genoeg “geld” om te order,hiet en gebiet,en…”maar dié! kan nie eens ‘n verskil tussen ‘n moer en spyker onderskei nie.Geld seevier mos!!!of hoe gesê…HELP DIE WAT GEHELP WIL WORD,LEER DIE JONGES WAT NIE ‘N INKOMSTE HET NIE,GEE HULLE VERBLYF,SORG VIR MEKAAR EN DIE LIEFDE AAN DIE EEN ALLEEN WIS DIE HAAT,NYDIGHEID EN LISTE UIT

pieter mouries ·

En hou net dop hulle sal sommer voormanne wees.glo my ek weet het by robertson gholfklub gwerk.die wit kliente gee jo as swart werker n harde tyd teen oor blanke slegte werker.veral my base was so verkramp n rassisties.wit barmanne kan in restuarant eet maar ons moet iewers eet wa niemand jo sien.dit is maar 1van duisende onregverdigheid wat daar aangaan met n rassis aan beheer.n hou dop blankes sal meestal reageer op dit

Berita Drescher ·

Hoekom nie…..die witman het hierdie land gebou tot wat dit 2 dekades gelede was met die hulp van swartes maar die witman is nie bang vir werk nie…….geen getoyi toyi en brandstigting, vandalisme en sumier ander se besittings as hul eie eien deur stropery nie. Ek dink Ben Wepener het n baie goeie moontlike oplossing hier.

ralie ·

Eks bly witmense help mekaar so uit,daar is mense wat nog rerig wil werk in die lewe en nie net bedel nie. Boere bo!

Annette ·

Fantasties, Ai ek het al so baie gese julle moet die arm blanke laat werk vir julle. Nou sal Cosato nie meer kan regeer nie.

Hein Hattingh ·

Ek dink dit is `n wonderlike idee. Ons sal moet besef dat ons as wit mense entrepreneurs sal MOET skep om te oorleef. Ons kinders word weg gewys van die Staatsdienste, Ketting winkel groepe, Banke ens. Al hoe ons die situasie sal kan beveg is om saam te staan soos in hierdie geval en vir ons werk te skep. Kom ons vat hande!!!!

Jacques Ferreira ·

Is daar iemand wat gekontak kan word i.v.m. sulke werk?

Marietjie ·

Is dit enigsins moontlik om kontak te maak met die boer (projek leier) vir ander projekte. vir blankes? Daar is veel meer wat gedoen kan word soos oa gesondheidsdienste, opleiding ens. Ja, die tye het verander – en blankes sal hul houding moet verander tov werks geleenthede. Oorsee werk blankes op plase. Wat mens nie kan verstaan is dat blankes bereid is om toilette skoon te maak oorsee, maar hier in ZA is hul nie bereid om dit te doen. Ons blankes het so verval en die moreel maatskaplike verval het ‘n groot effek op ‘n persoon se menswees. Sterkte vir die boere ook in die situasie

E J Otto ·

Dit sal ontsettende aanpassing geduld en nederigheid wb tyd verg maar dit sal fantasties wees as ons volk so kan opstaan Geeneen wat sy sout werd is sal in n plakkerskamp wil krepeer nie Maar ek weet daar sal nog baie bakens wees om oor te klim Boere is nog nie ingerig daarvoor nie maar dit sal volg! Glo ook daar sal nog probleme wees want die afbetaalde werkers gaan dit nie goedsmoeds aanvaar nie Glo daar sal sporadiese gevalle van weerwraak wees Maar die blanke bykomende boere sal ook soos n ekstra veiligheidsmaaatreel wees Geen afrikaner wat sy sout werd is is bang vir werk nie Ek werk ook liewer vir R70 pd voor ek in n plakkerskamp vergaan En ons is agter alles almal nou verdruktes Trots op jul saamstaan en wens net almal groot groei en sukses toe!

Sarel du Plessis ·

Beste idee in jare! Even ek sal! Gee my n huis op n plaas en ek sal met my rug onder die son werk!!!

Ferdinand Kirsten ·

Naaimasjien wel nie. Maar ek is nie n bakkie boer nie, doenself als saam my werkers. Jy klink soos n regte lamsak softy, wat seker soos n baba sal kerm, oor die blaas op jou hande. Van n halfdag se werk in die son. Die probleem is witmense dink sekere werk is benede hul,of soos hul se dis n swarte se werk! Enige werk is n witman se werk. Baie sal eder bedel en n parasiet wees voor hul werk.

jacques oelofse ·

Dis n uitstekende idee. Maar hoekom hulle uitbuit vir so min geld? Die manne wat die ding begin het gaan braai want dis onwettig om mense te laat werk vir minder as wat die regering wetlik ingestel het. Dis net moeilikheid soek. Dit behoort te werk, maar baie van my mede blankes wil nie werk nie. Wat nog te se vir so min. Dis makliker om te wag vir iemand om my jammer te kry. Ek praat uit persoonlike ervaring.

Lili Muller ·

Alles wel en goed, maar, waarom vir “minder as die minimum loon”?. Ek dog die huidige plaaswerkers het ‘n probleem geskep omdat hulle MEER wou verdien. Waarom wil julle nou gewillige, hard werkende mense, wat gereed is om vir die huidige loon te werk, uitbuit vir MINDER? Sies man boere! Dink oor wat julle doen. Uitbuiting behoort nie ‘n deel van die oplossing te word nie. Skaam julle.

Henriette Van Eck ·

HULLE KRY BLY PLEK,MEDIES HOEVEEL WIL JULLE HE DIE BOERE MOET DIE MENSE BETAAL.DAAR IS BAIE WAT IN WIT PLAKKERS KAMPE BLY WAT DAAR IS DEUR HULLE EIE TOEDOEN.

Elize Beukes ·

As die Staat na die boere omsien soos dit hoort sal dit nie gebeur nie – Die boere kry nie die subsidie van die Staat nie. Die plase wat onlangs vernietig is deur hulle maak die boere nog armer en moet die werkers uit hul sak betaal en glo nie die boere het die genoegsame inkomste om te betaal nie – Hul het wel ingestem om hul lone te verhoog actaully teen hul sin omrede die werkers reeds alles gratis op die plase kry – Nou word die werkers afgedank en ander word indiens geneem met die dieselfde voordele en met vermindere lone – Mense wat graag WIL werk en werkloos is word die geleentheid nou vir hul geskep – as ek in die posisie was het ek ook op die plaas gaan werk!

Marlene ·

Hierdie is die beste berig wat ek vir ‘n baie lang ruk gelees het. Dit sal ons wit mans weer help om hul koppe op te tel!

Nicolaas Jacobus ·

“BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT” – Dr. DF Malan

Leonie ·

Eks besig om ‘n kothuis mooi reg te maak en gaan vir verseker vir my ‘n wit werker kry

Eric ·

Its about time people started getting together. Its a good start but don’t underpay your fellow man. Maybe start with a lower beginners wage and when productivity increases bring it up. But the owners will also have to come to the party with modernisation and mechanisation of systems and methods of farming to get more productivity out of less people without treating them as slaves. I wish you all good luck with a good initiative. God Bless.

Marlene ·

Ek wil graag ‘n vraag vra: Die Boere wat blankes in neem om vir ‘n verminderde loon te werk, gaan dit nie vir hulle komplikasies inhou t.o.v. die vasgestelde loon van die Reg. nie? Ek stem saam dat dit ‘n wonderlike inisiatief is! Wat sal die regte van die afbetaalde arbeiders wees indien hulle ook vir die verminderde loon wil werk?

cherise ·

Die wat teen dit is word blarrie wakker man!!!!!!!!!!!!!!!!!! Daar is oor ‘n miljoen wit haweloose mense, wat jou blarrie kar sal op pas vir R2. Nou kry hulle werk van R70 en behuising! van maandag tot vrydag nie eers naweeke nie is dit 1400 my water en krag aleen vir 2 mense is! krag R800 water ook so R800. my hel dans dit nie eers huur geld nie ‘n kamer te huur waar ek bly is R2500 dis net ‘n blarie kamer!!!!!! So julle mense wat so negatief is wil vir my se ons mense moet liewer bak hand staan en elke liewe dag in ander se oe kyk net sodat hulle kan eet as wat hulle minder as minimum loon kry????????? gaan lat lees julle koppe man!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! my hel lat hul prb werk kry by mr price 7 dae ‘n week miskien 2500 ‘n maand. ! hul gani die werk kry nie en 2 dan met R2500 betaal hul hul kamer en raai wat dan kan jy in ‘n kamer rustig vrek van die honger!!!!!! Ek dink dis ‘n wonderlike idee dan kan mens die werkers van jou ook in span dat as iets opi plaas gebeur soos moord wat elke liewe dag op die plase gebeur, hul jou kan kom help!

GERT JACOBS ·

AL WAT MY BEKOMMER IS HOE GAAN HIERDIE AFGEDANKTE PLAASWERKERS DIT HANTEER DAT WITTES IN HUL PLEKKE AANGESTEL WORD GAAN DIE AANVALLE NOU TEEN DAARDIE PLASE VERSKRP WORD? ONS ALMAL KEN HIERDIE LOT DIT IS HKM EK VRA

H J Bester ·

Die kort en lank is maar net eenvoudig dat die ANC-regering die basiese beginsel van markkragte naamlik vraag en aanbod totaal ignoreer en alles by wyse van beheer wil kontroleer. Die vryemarkstelsel maak ongelukkig nie daarvoor voorsiening nie. Dit lê meer op die weg van sosialisme / marxisme wat bewys het dat dit nie in die praktyk werk nie.

Met die nuwe inisiatief van die boere van Limpopo gaan daar wel minder betaal word aan die blanke werkers maar dit gaan ‘n groot opwaartse aanpassing in produktiwiteit tot gevolg hê omdat die blankes met ‘n benadering van arbeidsaamheid die nuwe mark gaan betree en weldra dus meer gaan verdien.

Frikkie botes ·

Die witte moet uitgebuit word sodat die swarte kan in weelde leef.

Danie ·

Dis nou hoe dit gedoen moet word. Die mense wat baie te se het daaroor, kom ons praat weer as jou naas bestaandes soos kinders nie werk in die land kan kry nie. hulle moet dalk soos 10 talle ander motors gaan op pas of by die verkeerslig gaan staan en almoese vra. Al die mense wat in die wit plakkers kampe bly is nie sleg nie daar is van hulle wat enige iets sal doen vir n ordentlike bord kos en so meer. HOU OP OM TE VEROORDEEL EN DINK WAT JY GEDOEN HET OM JOU MEDEMENS TE HELP “EK WET JOU JY WAT BAIE TE SE HET HET F****L GEDOEN NIE” SO HOU JOU MOND AS JY NIKS KAN BYDRA NIE. DANKIE BOERE JULLE MOES LANKAL DIT LANKAL GEDOEN HET. Ons weet almal dat daar baie slegte wit mense is maar vir die wat wil sterkte en alles van die beste dis hoe jy n nasie bou deur bemekaar testaan!!!

Gerda de Wet ·

Ek soek werk vir my seun en sy verloofde. Hulle sal graag op n plaas wil werk en bly. Enige een wat inligting het laat weet my asb. My nommer is 0849891057

COBUS BOTES ·

ek is op soek na werk is getroud met n seun van 13 jaar is da iemand wat my kan help en bly plek ook asb dringend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.