“Wit Weduwee” gesoek deur Interpol

images (2)Interpol het Donderdag ʼn rooi kennisgewing uitgereik oor die voortvlugtige Samantha Lewthwaite, die sogenaamde “Wit Weduwee”.

Interpol sê die rooi kennisgewing is op versoek van die Keniaanse owerhede uitgestuur en beteken dat Lewthwaite internasionaal een van die mees gesoekte persone is. Lewthwaite word onder meer gesoek vir terreuraanvalle wat sedert 2011 in Kenia uitgevoer is. ʼn Foto van ʼn Suid-Afrikaanse paspoort met Lewthwaite se foto sowel as die naam Natalie Faye Webb is deur die Keniaanse polisie versprei. Naledi Pandor, Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, het gister aan verslaggewers gesê die paspoort is op ʼn bedrieglike wyse bekom. “Dit is in 2011 ondersoek en oor berig. Dit is in die tyd gekanselleer nadat dit aan die lig gekom het dat dit op bedrieglike wyse bekom is.” Pandor sê daar moet verdere ondersoek gedoen word om vas te stel hoe dit verkry en uitgereik is.

Die 29-jarige Lewthwaite het die bynaam “Wit Weduwee” gekry na die dood van haar man, Germaine Lindsay. Hy was een van die vier mans wat betrokke was by die bomaanvalle in Londen op 7 Julie 2005. Daar word intussen vermoed dat Lewthwaite moontlik betrokke was by die naweek se aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenya. Minstens 67 mense is in die aanval dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JB ·

Glo daar is baie “vervalste” paspoort daar buite. SA is seker die land waar dit die maklikste “wettig” verkry kan word!

Vas Vat ·

Skuim van die aarde…Hoop die owerhede vang die “dreksel” Gou.

wragtig ·

Enige mens kan n paspoort in S.A koop vir so min as R500. Jy kan net note rond swaai en jy het wat jy soek.

Marietjie ·

Daar is ontkenning van dept Binnelandse sake oor uitreikings van.vals aspoorte maar bedrog gaan steeds voort. Beamptes word steeds gvanng weens swak stelsel. Die polisie dra GEEN kennis van wat in Binnelandse sake aangaan nie. Hul het nie eens Binnelandse sake se telefoon nr’s nie. Daar is GEEN kontak tussen Binnelandse sake en polisie nie. Paspoorte word aangekoop teen R500 stuk. Indien persoon se paspoort kontroleer word, word daar net na die paspoort gekyk, maar daar word geen kontrolering gedoen by Binnelandse sake oor egtheid van paspoort. .Die persoon wie paspoort verifieer moet dit skriftelik doen – sodat “weakest link” vasgetrek kan word en aangekla word sou tov vals verifiering. . Maar daar word GEEN kontak gemaak met Binnelandse sake oor die geldigheid van die paspoort. Ek het direk met binnelandse sake onderhandel om bewys te lewer van Nigeriese dwelm smokkelaar (drug cartel) met vervalste paspoort. Dit het my ‘n uur geneem sodat polisie beampte kon verstaan wat ek se. Op die ou end is die bevelvoerder geskakel. Die persoon is toe na veel gesukkel na selle geneem. Die vlg dag is hy verplaas na deportasie area. Buitelanders het amper die plek afgebreek en polisie gedreig. Iemand van Buitelandse sake het gekom en ALMAL is vrygelaat. Die ondersoek na die Binnelandse beampte wie dit vrylating gemagtig het – het net doodgeloop. Ek het na ander polisie stasie gegaan om te vra vir hulp. Hul het na my geluister. Toegeslaan op huis. Dduisende rande se dwelms, gesteelde karre, selfs mense handel in die huis gekry.. Die bevelvoerder polisie het reguit gese hul stel nie eens belang om tyd te mors op diE onwettige emmigrante, want more is hul weer op straat metr net nog ‘n vervalste paspoort teen R500 ‘n paspoort. En hul weet ook waar dit gekry word. Hul wil nie eens buitelanders vervolg, want niks kom daarvan. Hul kom weer terug en koop maar weer net ‘ vervalste paspoort. “The looser is part of the problem”. So wat is die antwoord. Noue kommunikasie met Binnelandse sake. Opleiding aan polisie beamptes oor kontrole met Binnelandse sake. . Alle polisiekantore moet Binnelandse sake se direkte telefoon nr as prioriteits nr he. Binnelandse sake moet 24 uur aan diens wees. Alle oproepe moet op band opgeneem word. Elke uitreiking van paspoorte moet kontrole magtiging he. Deportrasie sentra moet strenger beheer word. Alle paspoorte wat hernu word – moet ondersoek word enn veral van mense wie snaakse vanne het. .

Johann Buys ·

Sooooo…… van 2011 tot nou toe kon niemand vasstel wie die paspoort verkoop het nie? Volgende keer as jy die man met die rubberhandskoen aan jou fondament voel krap weet jy waarom die draers van Suid-Afrikaanse paspoorte sulke “spesiale” behandeling kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.