Witbank se lug vuilste in die wêreld

‘n Lugfoto van Emalahleni (Witbank). Foto: booktravel.travel

Emalahleni (Witbank) het glo die hoogste vlakke van giftige gasse ter wêreld in sy lug.

Die vlakke van chroom en barium is só hoog dat ʼn internasionale ondersoekspan se toerusting nie akkurate vlakke daarvan kon meet nie, het Beeld Donderdag berig.

ʼn Span navorsers van die European Union (EU), doen vir die afgelope twee jaar navorsing in die steenkoolveld in die opvangsgebied van die Bo-Olifantsrivier om vas te stel of omgewings- en maatskaplike oortredings daar plaasvind.

Dr. Henk Coetzee, ʼn Suid-Afrikaanse lid van die span en ʼn beampte van die Raad vir Geowetenskappe, het gesê die EU is baie gesteld op omgewingswetgewing, menseregte en volhoubare ontwikkeling.

Die EU het toenemende klagtes van mense ontvang oor steenkoolmyne wat al hoe nader “kruip” aan woonbuurte en beskermde gebiede. R48 miljoen is vir dié ondersoek beskikbaar gemaak.

Gorazd Zibret, ʼn geoloog van Slovenia, het aan Beeld genoem die vlakke van besoedeling oor Emalahleni is, volgens hul navorsing, die hoogste in die wêreld. Hy het ook gesê die besoedeling het ’n baie negatiewe uitwerking op die rivierstelsel en die lewe daarin.

Beeld berig daar is versoek dat dié bevindings aan dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gestuur word sodat ’n gesondheidstudie in die gebied gedoen kan word.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E J Otto ·

Sal liewer wil se Witbank en distrikte rondom gelee! En moenie Middelburg weg gooi nie As jy 5uur smiddae teen son kyk sien jy letterlik hoe stowwe neersyfer Ek dink hier moet mense bonatuurlik wees om nie n asmatiese siekte of verwante siektes soos sinus te ontwikkel nie!

Angelique ·

My dogter het ten minste 2 keer per jaar longonsteking gekry. Haar allergie vlakke was +- 120%. Ons bly nou 2 jaar in pretoria, nog nooit weer wat een van my vier kinders so siek nie. En wat nog van die vullisverwydering wat nie gebeur nie? Wat van die feit dat daar vir 5 dae nie water is nie, en die paaie wat ‘n groot gemors is. So, Witbank is verseker is plek om jou dood te kies – gifstowwe? siektes agv vuil of geen water? kar afskryf op die pad?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.