Witdoodshaai verstrengel by Vishoek

ʼn Viermeter-lange groot witdoodshaai is Sondag dood aangetref in Valsbaai naby Vishoekstrand, het Kaapstad se rampbestuursentrum gesê.

Pat Stacey, Kalkbaai se hawemeester, het Simonstad se Nasionale Seereddingsinstituut ontbied om ʼn boot in Vishoek te hulp te snel om ʼn groot witdoodshaai, wat in hul lyne verstrengel geraak het, te red. Op die toneel was die 5.5 meter reddingsboot, Eddie Beaumont II, egter nie in staat om die dooie vroulike haai te bevry nie, en het die boot terug na Simonstad te vergesel.

Die karkas is toe na Simonstad se vlootbasis deur ʼn skip van die departement van omgewingsake met behulp van die rampbestuursentrum vervoer, het woordvoerder Wilfred Solomons-Johannes in ʼn verklaring gesê. Die karkas is toe na Paarden Eiland geneem waar wetenskaplikes van omgewingsake ʼn nadoodse ondersoek sal uitvoer om die dood van die haai te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.