Wits-dosent skuldig bevind aan seksuele teistering

Universiteit van die Witwatersrand

Universiteit van die Witwatersrand

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het ʼn derde dosent afgedank wat skuldig bevind is aan seksuele teistering.

Twee ander dosente is in Julie vir dieselfde rede afgedank.

“Die universiteit het ʼn geen genade-beleid teen seksuele teistering aangeneem,” het Adam Habib, visekanselier van Wits, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Ons hoop dat die spoedige aksie wat die universiteit geneem het om die drie voorvalle te hanteer, ʼn duidelike voorbeeld is dat seksuele teistering in geen vorm op ons kampus toegelaat gaan word nie.”

Die universiteit is tans besig om nog ʼn soortgelyke saak teen nog een van hul dosente te ondersoek.

Die universiteit het ʼn spesiale taakspan saamgestel om enige klagtes te ondersoek en ontslae te raak van akademici wat studente by die instelling seksueel teister.

Habib het Woensdag gesê hy neem volle verantwoordelikeheid vir die vorige voorvalle wat op die kampus plaasgevind het. “Ek vra om verskoning aan al die individue wat seksuele teistering ondervind het. Wits moet ʼn veilige plek wees en ons sal verseker dat dit een word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JAVR ·

Flippen hel, ek dink hulle moet dit wet maak dat mans ten minste 1 KOPPIE sta-soft drink in die oggend voor hulle huis verlaat! Hulle moet hierdie dosente nie met geld betaal nie maar met opblaas poppe! As hulle haar stukkend steek kan sy net by die venster uit pfffffrrrrrrttttttt en weg is sy! So een ‘n maand behoort hulle te doen want dit lyk of die brein afgesak het gulp toe!

Willy ·

Haha maar JAVR my lakens word al lankal al met sta-soft uitgespoel.
Nou kom ek agter my onderbroeke ook.

Willy ·

Mmmm ja…Wel mmmm ek dink vir ‘n rukkie al.
Miskien het die change of brand daarmee iets te doen.

Willy ·

Mmmm ja…Wel mmmm ek dink vir ‘n rukkie al.
Miskien het die change of brand daarmee iets te doen.
My wasgoed het sommer nou ‘n lentegeur.

Willy ·

Lees verby die bubbele inskrywing.
Probeer multitask.
Haha dit werk duidelik nie.

JAVR ·

Nee jy is so gechill met die sta-soft dat jy in reverse dink! ha ha ha ha …… sooooo snaaks. Lag ek nou vir myself ok

Emperor ·

JAVR5, wie sê dit is almal mans? Behalwe vir die feit dat dit dalk almal mans is, moet nie vroue kwyt skeld nie. Van die ergste seksuele teistering sake wat ek al gesien het, was a.g.v tannie wat van hulle stoele afgly vir mans personeel en dan begin flikkers gooi in daardie rigting tot die punt dat die mans daaroor begin kla. Assumption is the mother of all …….

Trippie ·

EMPEROR .. ek verstaan nie hoe bedoel jy “van die stoel afgly nie” ? Hoe kan dit verband hou met teistering ? Ek verstaan wel die flikkers gooi … ek is dood ernstig as ek jou dit vra.

JAVR ·

More Emperor. Ja jy is heeltemal reg maar gister se berigte was alles van een of ander mansmens wat sy lus nie kon betoom nie. Nee dis nie net mans nie maar ek weet nie of verkragting so maklik gaan wees van die vrou se kant af nie??? Ja daar is baie lawwe tannies ook daarbuite maar flikkers gooi en verkrag???? dieselfde?

Trippie ·

Was die ander twee ook wit ?

Nou wat gaan aan met hierdie manne … te veel testosteroon wat vrygestel word, of wat verstaan ek nie.

JAVR, jy gaan veroorsaak dat ek ook geFIRE word … vergeet skoon hier is ander mense reg rondom my kantoor … en met die kliphard lag, weet almal ek is allesbehalwe besig met WERK !

LOLOL

JAVR ·

Ek is so bly dis nie net ek nie!!!! dis die vinnigste wat ek die kruisie bo druk as iemand net maak om naby die desk te kom maar teen daai tyd weet hulle lankallllll hier gaan frokkol aan wat ernstige deals beteken nie!

Seg Net ·

Julle raak belustig so op ‘n Donderdag. Is dit waarom, ek netnou gelees het, iemand, ek dink dit was Willy het klaar gegroet en is op pad huistoe. Wonder of die spietskop, wat hom gaan voorkeer, sy storie gaan glo? Indien nie, moet hy maar uithaal en wys hy praat die waarheid.

Trippie ·

Jy was BAIE skaars vandag … het jou teenwoordigheid hier gemis hoor ;)

Nee wat, hierdie vrou is rustig … hehehe !

Seg Net ·

Hallo Trip. Nee jong ek begin nou te sleg raak en is bietjie meer buite betrokke. Raak of is sleg verby. Ek het Februarie vir die tweede keer opgehou rook en het gewig opgetel het 84 kilo’s geweeg en weg nou 93 kilo’s. Moet weer iets doen om gewig te verloor.

Seg Net ·

Dan tel ek met die grootste plesier liewer nog ‘n kilo of twee op, maar net nie weer rook nie. Ek is darem nie dik nie. Volgens my lente moet ek 91.2 kilo’s weeg. Darem nie te erg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.