Wits pos twee oor seksuele teistering

Universiteit van die Witwatersrand

Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg het Woensdag twee werknemers afgedank wat skuldig bevind is aan seksuele teistering.

“Die verhoor is deur ʼn onafhanklike senior raad behartig en die uitslag is vandag [Woensdag] aan die Universiteit oorhandig,” het prof. Adam Habib, vise-kansellier en hoof van die universiteit, in ʼn verklaring gesê. “Die personeellede is skuldig bevind aan seksuele teistering en wangedrag en een van hulle is ook skuldig bevind aan seksuele/onsedelike aanranding. Altwee personeellede het die Universiteit se Beleid oor Seksuele Teistering, Verhoudingsriglyne en die Universiteit se gedragskode oortree.”

Habib sê die universiteit vra publiek om verskoning vir studente wat op enige manier geteister is. “Ons benadruk dit dat ons nie enige vorm van seksuele teistering op ons kampusse sal duld nie.”

Daar is nog twee sake hangende en die universiteit sal die uitslag van dié sake binne die volgende paar weke bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.