Wits publiseer per ongeluk Madiba-doodsberig

Voormalige president Nelson Mandela in 2009 Foto: Werner Beukes/SAPA

Wits-universiteit het Donderdag om verskoning gevra nadat ʼn doodsberig, wat hy solank vir voormalige pres. Nelson Mandela opgestel het, op Google se soektogenjin beland het.

“Wits vra opreg om verskoning vir Mandela se familie, vriende, mede-Suid-Afrikaners en wêreldburgers vir dié flater,” het Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, in ʼn verklaring gesê. “Die universiteit het ʼn verklaring uitgereik wat in sy stelsel weggesteek is. ʼn Tegniese fout het egter die berig deur ʼn soekfunksie op Google beskikbaar gemaak. Ons het in geen stadium bedoel om die verklaring uit te reik of op die webwerf te publiseer nie.”

Wits is jammer oor die ongeluk en sal die nodige stappe doen om die fout te herstel en seker te maak dat die betrokke partye aanspreeklik gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.