Wittes in bestuursposte ‘n skande, sê cosatu

Die vakverbond Cosatu sê dit is ʼn skande dat 73,1% van top bestuursposisies steeds deur wittes beklee word.

Cosatu het reageer op ʼn verslag van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming. Volgens die verslag word wit mans steeds meer in diens geneem, bevorder en opgelei. Die verslag het egter ook gewys dat witmense slegs 12,1 persent uitmaak van die aktiewe ekonomiese bevolking terwyl swart mense 73,6% hiervan uitmaak. Volgens ʼn woordvoerder van Cosatu, Patrick Craven, verdien ʼn gemiddelde swart man sowat R2 400 per maand terwyl ʼn gemiddelde wit man sowat R19 000 per maand. ʼn Uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, Dr Dirk Hermann, sê die verslag onderbeklemtoon die vordering wat met regstellende aksie gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Northport ·

Cosatu, is that an other black racist-party in South -Africa ? 

Paul Joubert ·

Cosatu is the Congress of South African Trade Unions. It is not a political party, but it is one of the ANC’s alliance partners.

rassehund ·

Cosatu,Iam asking you,how can it be a scandal to have white people leading companies.if there would be black people in the management of companies in South Africa,these companies would be driven into being bankrupt in a very short time.So Cosatu, be happy that white managers are in leading management positions in South Africa,because they are not corrupt like your black brothers in the government.

rassehund

Paul Joubert ·

Dis ‘n uiters vereenvoudigde standpunt en selfs rassisties, sou ek sê. (Seker nie verbasend nie, as mens van die naam moet aflei…)

Die punt is nie dat wit mense die bestuursposte moet hê omdat swart mense per se nie die werk kan doen nie. Die punt is net dat meriete behoort te bepaal wie die werk doen, want meriete bepaal wie dit die beste kan doen.
Wanneer mens die arbeidsmark en bevolking van Suid-Afrika beskou in terme van ondervinding en kwalifikasies, is daar proporsioneel baie minder swart mense wat baie ondervinding en goeie kwalifikasies het. Gewoon a.g.v daarvan is dit nie redelik om te vereis dat die rassesamestelling van mense op bestuursvlak die totale demografie van die land presies moet weerspieël nie. Dit beteken egter glad nie dat alle swart mense onbekwaam of korrup is nie. Indien iemand so ‘n punt wil maak of probeer bewys, sal ekstra inligting en argumente benodig word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.