“Wittes moet taxi’s gebruik,” sê Lamola

“Suid-Afrika sal slegs ‘n reënboognasie wees wanneer wit mense ook in rye staan vir taxi’s en van staatshospitale gebruik maak,” het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANC-jeugliga Dinsdag gesê.

Lamola het studente by die Tshwane Universiteit van Tegnologie op die Soshanguve-kampus in Pretoria toegespreek, berig EWN. Lamola sê slegs ‘n drastiese verandering sal van Suid-Afrika ‘n “ware reënboognasie” maak. “Ons moet ‘n reënboognasie by die taxi-parkeerareas in Soshanguve sien, ons moet nie wag om Loftus toe te gaan om dit te sien nie. Dit moet in staatshospitale sigbaar wees,” het hy gesê. Lamola het ook gesê die ekonomie sal nie verander alvorens daar grondonteiening sonder vergoeding plaasvind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.