Woede oor advertensie by Oscar-berig

Die foto van The Star se voorblad is deur @Gavin_Gilbert op Twitter geplaas.

ʼn Voorblad-advertensie in Dinsdag se The Star-koerant van ʼn man met net een been en wat onder ʼn berig van die moordbeskuldigde Oscar Pistorius geplaas is, het woede op sosiale netwerke ontketen.

Die advertensie van die versekeringsmaatskappy Outsurance vir ongeskiktheidsdekking is reg onder ʼn foto en berig van Pistorius se borgaansoek geplaas. Pistorius word beskuldig van die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Die advertensie het wyd reaksie ontlok op Twitter. “Ag kom nou Outsurance…Regtig?” het Vaughan Warburton getwiet. Mhlangabezi Songwevu het getwiet: “Walglik. Skaam julle. Outsurance is smaakloos.” Outsurance het later self in ʼn twiet om verskoning gevra vir die advertensie. “Die plasing van die advertensie in The Star was heeltemal onbedoeld en ons vra om verskoning indien enige aanstoot geneem is.” Talle mense op Twitter het egter nie dié verskoning aanvaar nie. Bernard Bergstedt het getwiet: “Jammer maar ek aanvaar nie die verskoning nie. Hoekom die spesifieke advertensie plaas op dieselfde dag wat Oscar in die hof verskyn. Met voorbedagte rade.” Makhudu Sefara, redakteur van The Star, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Susan la Grange ·

Swak. Smaakloos. Laag. Gevoelloos. Haatlik. Siek. Ek haat sulke walglikheid

Rusty Angel ·

Ag Susan! Kry jou asem terug… Jy is seker ook een wat die pampoen eet wat hy ons probeer voer in sy verklarings! Die advertensie is tot voordeel vir alle paraplee. ..

Marion Erskine ·

Ek was nou die dag binne in ‘n koerant kantoor. Hierdie Outsurance advertensie het al daardie plek op die blad gehad ‘n maand voordat Oscar Valentynsdag gevier het. Dis nou maar net ongelukkig ‘n lelike toeval. Steeds dink ek wie ookal die koerant opgemaak het, moes uitkyk vir dit. Dit was vir seker nie aspris nie, so vergewe hulle maar vir die walglikheid, Susan.

BB Smit ·

Of dit nou oor Oscar gaan of nie. Ek dink die advertensie is swak smaak op sy eie.

Marita ·

Dit is so jammer ons mense se menslikheid het verdwyn saam met self respek. Kyk die man wat verlede week 5 mense dood gery het en op R80,000.00 borgtog uit en sy lesensie terug gekry. Niks is van hom gese nie?????????

Ann ·

Sou daar dieselfde reaksie gewees het as die advertensie iemand met ‘n af arm gewys het? Wonder net ….. Drink ‘n chill pil man!!! Dis mos nou nie op Oscar gemik nie!!! Ek dink persoonlik die BBM’s wat so rondgestuur word wat spot met die ding, is walglik.

Kent Kerr ·

Marion. Thanks for pointing out the obvious.

“Ek was nou die dag binne in ‘n koerant kantoor. Hierdie Outsurance advertensie het al daardie plek op die blad gehad ‘n maand voordat Oscar Valentynsdag gevier het..”

@Susan. Please insure that you are informed before you pass comments on a subject that you obviously misinterpreted. I do not like Outsurance for personal reasons but they did not pick where their “old ” add wwould be published. Direct your anger to “The Star”.

Just for the record … Poor old Oscar deserves everything he is getting.. And more …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.