Woede oor ligte straf vir man wat hond doodslaan

hofhamertjie-2-320x264ʼn Hofuitspraak wat ʼn man van KwaZulu-Natal slegs op ʼn waarskuwing vrygelaat het nadat hy sy hond doodgeslaan het, veroorsaak ʼn oproer op sosiale media.

Siya Mbhanjwa het Donderdag in die Pinetown-landdroshof skuldig gepleit op die aanklag dat hy sy hond met ʼn houtpaal doodgeslaan het.

Barbara Laubscher, die woordvoerder van Kloof DBV, het haar teleurstelling teen die ligte straf op die organisasie se Facebook-blad uitgespreek. “Dit is kommerwekkend dat ons regstelsel van mening is dat só ‘n daad van wreedheid so ligtelik afgemaak kan word,” het sy geskryf. “Watter soort boodskap stuur dit aan die gemeenskap? ”

Sy het gesê die Dierebeskermingswet is saamgestel om weerlose diere te beskerm.

“As hierdie man na só ʼn gru-daad op ʼn dier vrygelaat kan word, sal hy ooit huiwer om iets soortgelyk aan kind te doen?” wou Laubscher weet.
Facebook-gebruikers het ook hul woede oor die hofuitspraak uitgespreek, en sê die gereg het die hond gefaal. Klik hier om van die nagenoeg 230 kommentare te lees. Waarskuwing: Die foto wat by die skakel gepubliseer is, kan sensitiewe lesers ontstel.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eugenie ·

Dit is baie ontstellend! Het die persoon wat die uitspraak gegee het self diere, of ten minste liefde vir diere? Ek is self omgekrap hier waar ek sit. Die regstelsel het nie net die hond versaak nie, maar talle verkragting- en moordsake ook.

Theresa ·

Oumense, kinders en diere wat nie hulself kan verdedig nie is aan idiote soos diè se genade oorgelaat. Maak soos oorsee en gooi hom met klippe dood asook die ding wat uitspraak gegee het.

Slim Daan ·

Kon nog nooit my kop om die een kry nie.
1 Enkele kommentaar oor die sinnelose en wreedaardige moord van 70-jarige oubaas. Byt iemand egter die kop van n kokketiel af, is al die ” bunny huggers ” en vervolgingsgesag van Green Peace vir n vale ” up in arms “.

Kobus ·

Welkom, welkom by die “bunny huggers” klub. Ek sien jy is ook ‘n aktiewe lid.

Eugenie ·

Slim Daan, ek het sopas deur die berigte gegaan, en dit is werklik soos wat jy sê, byna geen kommentare by moorde op mense nie, lees so deur die berigte die afgelope week alleen.

Kobus ·

Wat gaan nou met die Maroela-lesers gebeur? Gaan ons pak kry? Of uitskryfwerk?

Eugenie ·

‘n Goeie sarkastiese antwoord so op sy tyd kan wondere verrig, maar jy beindruk regtig nie. Lewer kommentaar op die berig en los die lesers uit.

Kobus ·

Jy vra daarvoor. Wat het dit met jou te doen op watter berigte die lesers kommentaar lewer of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.