Woede oor Shangaan Jesus

Foto: Youtube

‘n Klagte is by die Mensregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak oor ‘n strokiesprent animasie wat glo die gek skeer met Shangaans en Christenskap.

TimesLive berig dat ‘n Pretoria-inwoner, Caroline Sithole (32), die MRK gevra het om vas te stel of die strokiesprent wel diskrimenerend is. Die animasie van twee minute beeld ‘n “swart Jesus” uit wat wil selfmoord pleeg nadat sy dokter hom “diagnoseer” as ‘n Shangaan. Die animasieprent is deur Mdu Comics geskep en is reeds sowat 49 000 keer op Youtube gekyk. In die video gaan sien Jesus, wat Zoeloe praat, ‘n dokter nadat hy sy toon gebreek het. Na DNS-toetse sê die dokter: “Jesus daar is geen maklike manier om dit te sê nie….Jy is ‘n Shangaan.” Die figuur skrop homself dan met ‘n sak lemoene om onstlae te raak van sy “diagnose” voor hy ‘n selfmoordbrief skryf. Die MRK se woordvoerder, Vincent Moaga, het bevestig dat hul die saak ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.