Woede oor TV-aanbieder wat leeu jag in SA

Dié foto wat Bachman op Facebook en Twitter gelaai het, het 'n herrie op sosiale netwerke veroorsaak.

Dié foto wat Bachman op Facebook en Twitter gelaai het, het ‘n herrie op sosiale netwerke veroorsaak.

ʼn Aanlynpetisie wat die Suid-Afrikaanse regering versoek om Melissa Bachman, ʼn Amerikaanse TV-aanbieder en jagter, te verbied om weer na Suid-Afrika te kom, is reeds deur meer as 77 000 mense onderteken.

Bachman het ʼn foto van haarself op die sosiale netwerke Facebook en Twitter geplaas nadat sy ʼn leeumannetjie doodgeskiet het. Maroela Media verneem die jag het op ʼn plaas buite Zeerust in Noordwes plaasgevind. Die foto het tot woede onder gebruikers van sosiale netwerke gelei. Elan Burman, ʼn inwoner van Kaapstad, het kort hierna ʼn petisie begin op die webtuiste www.change.org. Die petisie is onder meer gerig aan die departement van binnelandse sake en die minister van omgewingsake en eis dat Bachman verban word om Suid-Afrika weer te besoek. Richard Robinson van Maryland in die VSA, een van die ondertekenaars van die petisie, skryf: “Jy, dame, is wat fout is met die wêreld. Vat sonder enige gevolge. Skiet, moor, verbruik, vernietig. Jy het nie ʼn leeu doodgemaak nie, jy het agter ʼn masjien gestaan en ʼn klein sneller getrek, jou patetiese, hartseer verskoning van ʼn mens.”

Bachman het na die geweldige reaksie op haar foto haar Facebook- en Twitter-profiele gesluit. Bachman is bekend as ʼn ywerige jagter. Op haar webtuiste is daar onder meer foto’s van haar met ʼn krokodil, ʼn sebra, ʼn beer en ʼn takbok wat sy gejag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Monique ·

PATETIES!!!! Jag as jy hom kan eet! Mar jag vir n ”trofee”? NEE SIES!

Tokkie ·

Elan Burman moet bykom. Jag is wettig in Suid-Afrika. As dit hom so pla laat hy dan liewer ‘n petisie opstel teen die regering wat dit toelaat.

Rudi du Plessis ·

Lions are one of the big 5 that really breed well in captivity. My sentiments are that why can the death of 1 not care for the other…? This farm where the hunt took place on might with the income generated from this 1 lion care for 50-100 species more, that would not be possible if this lion was just killed, like for instance poaching but it was done in controlled environment and generated income. Lions are not even remotely on the list to be extinct.

Why don’t we use our meagre resources and our efforts to help the rhino’s in the Kruger National Park. Stop harassing trophy hunters, their effect on our wildlife is possitive and not destructive.

D ·

Ok, ek stem saam dat dit nie reg is om te skiet wat jy nie gaan eet nie, en slegs vir die troffee, maar rerig, ‘n petisie teen een persoon om verban te word uit ons land, terwyl daar honderde Suid Afrikaners is wat elke jaar dieselfde doen in hul eie land, wat diere uit moor net om ‘n foto of troffee op hul muur te kan hang? Is dit nie bietjie drasties nie?

Nico Kruger ·

Ag nee kom nou. Duisende mense jag in SA (en ek kry die idee dit word al hou meer.) Ek verstaan nie waaroor die bohaai nie. En moenie vir my vertel hulle jag vir kos nie. Daardie biltong kos baie goedkoper in die winkel as wat die totale jagonkostes uitwerk. Nee wat, almal jag vir die sport. (Terloops ek self jag glad nie.)

marius ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat daar alreeds 77000 handtekeninge teen haar is omdat sy een leeu geskiet het, maar ons sukkel om 20000 handtekeninge te kry teen die moorde op plaasboere! Is een leeu meer werd as n boer se lewe?

Seg ·

Marius ek stem 100% saam met jou, ek weet nie waarom hulle my kommentaar waar ek dieselfde gesê het verwyder het nie.
Boere word vermoor, vroue en kinders word verkrag, maar daar word meer media dekking gegee aan ‘n leeu wat wettig geskiet word. Belaglik.

Sheilan ·

Marius, change.org is ‘n wêreldwye webwerf. Ek het van hierdie petisie gehoor van ‘n Amerikaanse komediant op Twitter. Dis hoekom so baie mense dit geteken het. :)

Andre ·

Tipies Suid-Afrikaans……….Almal sal kerm oor n leeu (Self teen dit gekant) maar niemand sal n woord rep oor n boer wat aangerand of vermoor word. Dis pateties.

Rageltjie ·

Enige person in die jagbedryf sal natuurlik hierdie goedkeur! Dit is walglik. En dan die derduisende rande wat inkom as gevolg van hierdie tipe sport, en glo gebruik word vir sake soos “Save a rhino”… waar is die resultate…

Seg ·

Rageltjie wat word gedoen om die mense wat vermoor en vroue wat verkrag word gedoem? NIKS. Hierdie wettige bedryf word met afkeuring bejeën maar misdaad nie?

Christo Botha ·

Ag Rageltjie, ek neem aan dis jou skuilnaam. Voel tog sleg oor die arme hoender op jou bord of die slak, kreef en arme skaaptjop wat jy so verslind. O ja en die beesbiltong op die paviljoen moet jy tog ook nie vergeet nie. God het dit aan ons toevertrou om te gebruik, te heers daaroor. Dis wat ons doen met wettige jag. Dis die rede hoekom daar duisende meer leeus as ooit in SA is wat bewaar word. Hierdie leeu is tien teen een ‘n leeumannetjie wat uit die trop geskop is en sou vrek van die honger omdat hy nie alleen sou kon jag nie. Ek dink jy is een wat juig oor die KILL wat jy in die wildtuin gesien het, maar om met een skoot dood te skiet is te veel vir jou verstand. Boeregroete (Eet wortels, maar dit lewe ook en hoe nou???)

gert van zyl ·

Dis probleem is nie sy nie maar die ouens wat die jag reel, veroordeel hulle!!!!!!!!! Geblikte leeus is mos maar ‘n ou ding in SA en al baie hieroor gepraat. Wats nuut.

Seg ·

Gee fout met georganiseerde jag nie. ( nie geblik ) Hulle gaan hier meer aan oor ‘n dier wat geskiet word as wat daar reaksie is indien ‘n Boer op ‘n plaas vermoor word of ‘n vrou en kind verkrag word in die land. Of vir wat dit werd is enge moord op Blankes.
Wonder indien dit ‘n swart jagter gewees het of dit dieselfde uitwerking sou gehad het? Betwyfel dit.

Susan ·

Die emosionele reaksie op ‘n leeujag maak nie sin nie. Almal wat die dame die land wil verbied, moet die volgende onthou:
Die jagbedryf is wat spesies in Suid-Afrika aan die gang hou en bevorder. Jagplase teel diere, versorg hulle en beheer hulle baie beter as wat enige regeringsinstansie kan doen. Indien ‘n spesie soos ‘n leeu nie gejag kan word nie, sal geen jagplaas meer leeus aanhou nie. Dit sal beteken dat die leeubevolking beperk gaan wees tot wildtuine en dieretuine. Spesies soos die Sable (Swartwitpens) word letterlik vanaf byna-uitwissing herbevolk deur wildboere, wat ook die DNA-verskeidenheid vir elke spesies vergroot.
Wildboere hou tienduisende leeus aan, wat, indien die anti-jagbeweging hulle sin kry en jag verbied word, voor die voet uitgewis sal word, alles om ‘n paar emosionele siele tevrede te stel. ‘n Uitstekende voorbeeld is jagluiperds, wat nie gejag mag word nie, en wat op wildplase op sig geskiet word omdat hulle waardevolle bokke jag. Indien jagluiperds ‘n monitêre waarde gehad het, sou ‘n mens troppe van hulle op wildsplase gewaar het.
So – wake up and smell the coffee…

Dewald ·

Die jagbedryf bring jaarliks miljoene in vir Suid Afrika van die buiteland af; so dit word as “besigheid” beskou.
Enige jagplaas is ook ‘n boerdery net soos bees- of skaap-boerdery, en jagters betaal die boere om te kom jag op hulle plase!
Ek sien absoluut geen fout daarmee dat boere leeus teel om gejag te word nie; net soos enige ander boere beeste of skape teel om geslag te word nie; dit word onder beheerde omstandighede gedoen.
As ‘n leeu in die oop veld gejag word, is die kanse baie groter dat die jagter dalk die dier kan kwes en dan erg kan ly voordat hy uiteindelik doodgesiet kan word nadat spoorsnyers hom moes kry.
Dis waar “geblikte-jag” ook weer meer voordelig en genadig kan wees; dit word beheerd gedoen.

Fransie ·

Ag asseblief – leeus is nog lank nie in ons land op die rooilys nie – hulle teel goed aan. Word tog groot en kerm oor goed wat werklik die moeite werd is. Moord, roof en verkragting is dit minder belangrik as ‘n leeu – jag is wettig in ons land en sy het verseker ‘n goeie som geld vir daardie leeu betaal wat help met die onderhou van die wildsplaas waarop sy dit geskiet het. En glo my dit was wragtig nie die laaste leeumannetjie op die aarde nie.

alwyn van tonder ·

it’s always these clever americans that have no respect for other countries

Delphine ·

No, it isn’t ‘always these Americans’. Sweeping generalisations feed xenophobia and the irrational ascribing of characteristics manifested by one member of a group to all. It is insulting to all the American peace and environmental activists and even the every-day folk who volunteer at the SPCA, the people who advocate against cruelty to animals in Hollywood movies and the little kids who keep geckos as pets in New York. It is insulting to the memory of Paul Martin who was a strong advocate for the rewilding of the USA and the people who were able to reintroduce wolves into Yellowstone Park.

Yvonne ·

Oh please Delphine. SPCA, really? Where they euthanize animals, to make room for the next ones? You idolise a Paul Martin, some peace and environmental activist and feel more love for creatures than you do for humankind. South Africa is probably the hunting hub of the world and this hunting was done legally. You’ve come to the wrong place to criticize it.

Marietjie ·

Jagplase is van ons land se grootste toeriste en buitelandse jagters se aantreklikhede. wildboere teel leeus, bokke en ander wild vir die doel om gejag te word. Hierdie mense gee werk aan baie werklose mense. Boere teel beeste en skape om geslagte word en deur julle wat so kla ,ge-eet te word. Vandag weer n weerlose 74jarige vrou van Vredefort aangval en aaklig verniel. wanneer sal die land wakker word en as n nasie in opstand kom en as een groot stem oor die aaklige moorde ens kla.As die hele land ,wit en swart, eis dat die doodstraf terug kom en petisies met honderde duisende name aan die regering voorle, dan het julle iets gedoen wat die moeite werd is
HOU OP KERM OOR NONSENS.

Renee Wolfaardt ·

Botswana het so pas hulle wette gewysig en geen jag mag meer in Botswana plaasvind nie. Thumbs up for them. In Suid-Afrika moet dit ook gebeur. ‘n Dier in die natuur is wat ek wil sien. Nie ‘n dooie een met een trotse vrou wat spog oor sy ‘n dier wat geen weerstand kan bied teen ‘n geweer! Jagters is siek mense wat geen helde is nie. Toerisme is beter werkskepping as ons jagbedryf. Verban jag in Suid-Afrika!!!!!!

PC ·

Renee, Jag is verban in lande soos Kenia, al jare terug, toe word geen waarde aan hul geheg nie en die privaatsektor het hul uit die aard van die saak nie meer bewaar nie. Nou is daar niks oor nie! Hulle is opgevreet deur die mense, kyk maar dieselfde gaan in Botswana gebeur. As dit nie vir die jag- of wildteelbedryf was nie, (almal oor wie julle so kerm) was hier ook niks, dan gaan jy nou al maar moet Animal Planet programme begin opneem, want jy sal nie weer n dier in die natuur sien nie!!! Daar is huidiglik meer diere in Suid Afrika op privaatgrond as wat daar diere was in die land 150 jaar terug! Ek self jag en boer met wild en ek gee tien teen een meer om oor die natuur as jy, en ek doen my deel om wild te bewaar, wat doen jy?

Rudi ·

Ek stem PC, Hoera, hulle sê niks is vir Mahala nie, so as ‘n dierwardeloos is het hy net een waarde, om geeet te word. Dan sal alles verdwyn, nie die moete werd om programme in stand te hou nie want hoe kan dit onderhou word.

AUGUSTIA KRAUSE ·

Mensig sulke goed laat my bloed kook, wie gee haar die reg om n onskuldige dier uit te moor. Dit is God se diere en God het ons mense opdrag gegee om na hulle om te sien nie hulle uit te moor nie. SIES MAN MOORDENAAR……

Christo Botha ·

Word wakker. Te heers staan daar!!! Wat van jou biltong en tjop???

Lucinda ·

Ek dink as dit op ‘n plaas is wat spesifiek daarvoor “cater” kan dit wel werk, alhoewel ek nie jag nie en dit vir my wreed is. Kyk wat met ons renosters gebeur, miskien as daar wettige jagplase vir renosters was, sou ons arme renosters nie nou feitlik uitgeroei gewees het nie.

Corne ·

Dis wat die rykes doen as hulle verveeld raak. Teel met leeus om hulle te jag vir sport en om hulleself te verryk? Dis hoe ons oor die diereryk “heers”…. gaan kyk bietjie wat almal op haar facebook page caan comment het. Wonder as die Here kon comment wat hy sou sê? Dankie my kind…gelukkig het jy darem ‘n permit gekry – ek is so trots op jou – jy’t hom ‘n ding gewys ne??? I don’t think so… Julle kan stry en redeneer nes julle wil. Dit voel somehow net nie moreel reg nie… met ‘n permit, sonder ‘n permit…. het julle “hunger games” gekyk? Sy’t ook ‘n permit gehad? En dit was vir MENSE JAG? So is dit ook dan reg?

Hugo Vermaak ·

Eet wortels en uie, stem saam met Marius, sy het meer guts as baie mans. Hoop die 77000 voel ook so oor plaasmoorde. Ek wonder. Die leeu moet seker vrek van die honger.

Kowie Steyn ·

Jislaaik, ek wens al hierdie mense wou so opgewonde word oor ‘n boer en sy vrou wat baie meer koelbloedig geskiet, doodgeslaan en verniel word! Hoekom word julle woede en meegevoel vir ‘n dier gehou en is daar stilte oor die gru mense slagting in ons land? Daar is defnitief iets groot fout!!

Deon ·

Ek kan glad nie verstaan waaroor die bohaai gaan nie. Dis wettige jag wat elke dag plaasvind en dit verdien buitelandse inkomste vir ons land, skep werk en die diere word nie mishandel nie. Die jagters is ervare skuts. Ons almal eet elke dag vleis van diere wat geslag word om ons te voed. Ek stem saam met Kowie, hoekom is daar geen reaksie wanneer ou mense en kinders op plase in SA dood gemartel en geterroriseer word nie.

Mathilda ·

Ek dink die bohaai kom van die armes wat dit nie kan bekostig om te jag nie. Leeus is verseker nie beskermde spesies nie, sy het ook nie gemoor of uitgeroei nie, sy het bloot gejag. Wettiglik!! En boonop het sy dit geniet, maar dis die uitdaging van vandag…. niemand gin iemand anders iets nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.