Woef verloor 25kg en wen kompetisie

Hector die Rottweiler. Foto: SAPA

Hector die Rottweiler. Foto: SAPA

Hector, ’n vierjarige Rottweiler van Pretoria, is die wenner van vanjaar se Hill’s Pet Slimmer of the Year-kompetisie nadat hy reeds meer as 25kg verloor het.

Hector, wat ook bekend staan as die sagmoedige reus, het 83kg geweeg voor die veearts hom op ʼn gewigsverliesprogram gesit het. Sy gewigsverlies het sy mens-ouers ‘n kontantprys van R5 000 besorg. Fanie van Schalkwyk, Hector se mens-pa, sê hy en sy vrou, Elize, het Hector te veel bederf. “Ons het gedink ons gee vir hom die beste. Net soos wat jy vir jou kind sal doen.” Hector is die Van Schalkwyks se “baba” nadat hulle kinders uit die huis getrek het. Van Schalkwyk se sedert Hector se gewigsverlies is hy ook baie meer aktief. “Hy kan nou self in die motor spring terwyl ek hom vroeër moes optel en in die motor sit. Hy is nou ‘n hond met lewe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.