Collet Dawson, woordvoerder vir die musiekgroep, het gesê die 44-jarige McLeod is op die toneel dood nadat hy van die motorfiets afgeslinger is toe dit buite beheer geraak het. Lede van die groep is na die toneel van die ongeluk waar hulle sy liggaam uitgeken het. “Hulle was geskok, totaal verslaan. Veral die ouens van Wonderboom, hulle het net gisteraand nog vergader,” het Dawson gesê. McLeod laat sy vrou, Anne-Marie agter.
Dawson sê McLeod sal onthou word vir die passie en onvermoeide dryfkrag wat hy gehad het om op te tree.