Wonderboom-dromspeler sterf in ongeluk

Garth McLeod

Garth McLeod, dromspeler vir Wonderboom en Sugardrive, is Vrydag in ‘n motorfietsongeluk in Woodmead, Johannesburg, dood.

Collet Dawson, woordvoerder vir die musiekgroep, het gesê die 44-jarige McLeod is op die toneel dood nadat hy van die motorfiets afgeslinger is toe dit buite beheer geraak het. Lede van die groep is na die toneel van die ongeluk waar hulle sy liggaam uitgeken het. “Hulle was geskok, totaal verslaan. Veral die ouens van Wonderboom, hulle het net gisteraand nog vergader,” het Dawson gesê. McLeod laat sy vrou, Anne-Marie agter.

Dawson sê McLeod sal onthou word vir die passie en onvermoeide dryfkrag wat hy gehad het om op te tree.

Garth McLeod op sy motorfiets Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.