“Wonderwerk” dat hy leef

Foto: Netcare911

ʼn Man het Saterdagoggend ternouernood aan die dood ontkom nadat sy motor omgeslaan en honderde meters ver gegly het op die N2 naby die M7.

“Volgens berigte het die man in ʼn noordelike rigting gery toe hy omstreeks 8:40 beheer verloor het oor sy motor en dit omgeslaan het. Die wrak het honderde meters verder tot stilstand gekom nadat dit teen ʼn wal af gegly het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. Botha sê die man is deur omstanders deur die agtervenster van die wrak bevry. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verderde behandeling. Botha het die man se oorlewing as ʼn “wonderwerk” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.